Lykwoorde
(“Actions speak louder than words”) Bleek bewus van die wete dat sommige eggo’s deur klankbane gis en teerheid verbrokkel tot ‘n afsoen metafore gebaar in snikke onder lykwoorde om van alles ‘n leë fasade te maak opsoek na ‘n bietjie warmte in ‘n hart van staal Soms word woorde stil-gebore gewieg deur die wese van […]
Lila mymerings
Fluweel sag kruip hierdie nag oor die voue van my dag my vlerke sleep stofstrepe oor alle helder voetspore en vernielde verlange. Papgeplukte drome val sekuur vas teen die maanlig-mas van hierdie ster beligte nag. Hang my tog teen jou versies vanaand nog, asseblief woord-vir-woord herskryf my tog tot bywoner van ‘n gewone grote bestaan […]
L’art poetique
Myself het ek uiteindelik gevind dis die logos wat my kosmos aanmekaar bind. Jubelend kan ek bely: “Ek is ‘n digter ‘n poëet! Jihaa! Handré-hie-handré! Ek is vry!” My woorde waai wapperend in die wind my muse krul holrug in my bakhand mak gemaak in my gees se skadukant. Gooi my letters in jou rooiwyn […]
Lag my ‘n lied
My horison strek oor die somer van jou lyf rimpel-gedagtes sweef heen en weer ek hoor hoe jou stem die wind wegdryf ek maak my oë toe vir nog een laaste keer. Stiltes trillend oor skemer se nood ek is alleen, selfs niks, sonder jou en tog, bring jy die eerste herinneringsbrood met die aanster […]
Fortuna
In die halfsirkels van jou ribbekas wil ek behore heelword, teen die klop van jou hart myself tot rus sus; uitgedos in die (opr)egtheid van jou genaakbaarheid. Is daar vir só geluksaligheid genade? As mens betowerd van genot; tevrede terugsak in jou eie teuels bloed deur jou are voel pomp wind deur jou hare laat […]
Epitoom
Epitoom Eens wild my hart ongetem uit hom ontplooi beelde waar liefde lyne kon trek om siel en verstand— verby grense se denke en wense te intiem om te verstaan; saam wou ons berge versit. Nou stil my hart getem lewendig dood. © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Die nag
Drie uur in die môre raak jy aan my hart soos maanligstrale wat sag oor bruisende branders streel; ‘n halwe eeu doen jy dit al weergalm melioristies deur my nag asof ‘n ewigheid altyd op ons sal wag. Melkwegwaarts slaan ek my oë soms op, in die diepdonker stort vreemde sterre neer tydloos soos diamante […]
Fênsy woorde sonder kappies
Ek wou ook soos jý leestekens oor my woorde lê want jy kon die klem verskuif toonhoogte só aangee. Met ‘n alt 136 het ek toe ge-ê sonder om veel te sê soos ‘n Hadida net vlugloos ge-ê-ê want jy, my kind was vir my die wind wat my vlerke sou laat vlieg oor jou […]
Hierdie kind van Afrika
Waar was ek toe als nog so stikdonker was lank voor die eerste lig’t verskyn, toe U twee klippe kap tot vonk – waar was die kruitvat, waar die lont? Hoe vurig die geboorte van die son. Was ek daar toe U die sterre deur die heelal string, toe U die maan poleer tot edeltin […]
Emparikus
Sy het jou hoogtes gesien van naby gewoede weerlig hoor blits uit die hel donder gehoor in jou stiltes sy ken jou sy hoor jou ook miskien volg sy die verskuilde toekomsspore in jou oë; daggestaltes van die geel skynsels in jou son. Soms glip sy terug in die gleufies van jou spinnekopweb oor haar […]