Herfshart
Onthou jy die eerste keer wat ek besef het my laaste woorde vir jóú het opgedroog; jou laaste glimlag het ook na stof gekeer toe die eerste haan drie maal kraai. Onthou jy hoe herfs haweloos gehuiwer het; voor hy sy verkleurde vingers om jou hals kom hang het — winter was bleek (soos was) […]
Bloedmaan en blues
Had ek maar net die woord’ kon vind om ‘n vers vir jou te skryf in daardie koue voordag uur, dan sou ek oor die maan wou praat – vroeg die oggend – minute net na vier. Ek sou jou kon vertel hoe roes ‘n maan kan rooi (neffe môrester wat flikkers gooi) en dat […]
Oggendrit – terwyl jy slaap (lentegedig vir Klarissa – 2016)
In Brackenfell se middedorp – langs die spoorlyn – is ‘n vlei waar rommel tussen riete rus en roomwit Aronskelke aan die modderwal gedy. Daar lê wolke op die horison wat van grou na goud skakeer en die grysheid van die blouberg wys – hier en daar – in krans of piek daardeur. Dis ‘n […]
Jacobsbaai sing
Gebore uit die wit sand, waar die son vel brand, aan die weskus van ons land, staan ‘n dogter. Skoon, vars en broos, rein, vlekkeloos; sonder die vuil van die tyd. Tussen Saldanha en Paternoster staan sy, trots gekleë in die baadjie van lank geleë. Witgekalkte huisies, klipmuutjies en rotstuintjies tooi haar in die mooiste […]
Tuin van die gode
in Namibsland se halfwoestyn daar naby Keetmanshoop waar die groenigheid maar skaars is en riviere selde loop waar groot klippe opmekaar lê gestapel deur ‘n hoër hand en delwers reeds millennia al soek na die blinkste diamant staan menig eeu-oud aalwyn steeds dáár deur gode in ‘n tuin gelos om skroomloos – tussen reuse rotse […]
Wederkoms .
ek kom weer as dit lente in jou Kaap is op ‘n dag wat dit sag oor wingerd reën en ‘n koor van duisende oggendvoëls jou nuwe dag met môrelied’re seën wanneer Karoobos ‘n bietjie minder vaal is en jou Tankwa haar kleureskouspel kry die wagter sy skape bymekaar maak en hul weer na stille […]
Digter
Woorde soos dié het my omtower êrens in ‘n ewigheid verban na die waters van Bethesda waar letters soos engelvlerke om my flap; my tydloos horison oor ‘n ewenaar van enigmas. Selfs in die nanag dwaal my gedagtes om die smal poorte van woorde om halfrym en volrym tot verse te vorm. Woorde soos dié […]
Heilige ibis*
Die son kom op net waar sy wil en wys haar mooiste kleure oor Blue Downs* en Driftsands* se duine. Sy strooi haar gloed oor wilde tuine wat weinig meer as sand en boegoe is. Sy steek haar kop deur rook en mis en vly haar skoonste lig oor roet en as – dáár waar […]
Adderleystraat .
(Nou loop jy so versigtig, Mamma en jy moet mooi kyk waar jy stap, maar laat rus jou hand sag op my arm – dan klim ons sáám die laaste trap.) Adderleystraat Ek wonder of die sypaadjies van Adderleystraat onthou – die klik-klak van jou hoëhakskoene verby die Stuttafordsgebou. En dra die ruite nog herinnerings […]