Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Seëninge"(Bladsy 60)

My hande lê jou lam My vingers stram en tam wat jou tot stomheid slaan, wagtend, mank in stilte gesmoor tot geen klank is jou simbole op papier slegs swart en wit etse van leemtes en spasies Sou ek maar kon slaag om my vingers te waag en jou sleutels te behaag in identiese kleure […]

Kapokbos, roosmaryn, gekneus gespreide kruie kleur en geur strelend soete blomaroma styf gehul in roosknopfleur katjiepiering stingelkruip klimop sprei sy nektargeur kanferfoelie geurrykrank pronkert ruik verdiep in kleur op my knieë staan ek Heer in U tuinpaleis, my Heer nederig Heer, my hart versteur U hand se werk ʼn soete geur

Aan die einde van ʼn ruwe dag sak die son sy kop oor die rante waar die mooiheid en rooiheid van die westerkim ope arms wag dan tuur ek na U oneindig skeppingsprag wanneer my hart deur U melkweg vaar en ek sielerus in U liefdes woorde vind my brose lewe in U sagte hand […]

Apologie aan Marlene van Niekerk se “Troetelwoorde vir Ogilvie Douglas” my hemelhoutkind (vir outisme) kyk houtlief bitter soos bas het my mond geword ai, die wêreld wat wou dat jy my kind is my hemelhoutkind jou houtoë wat staar fladderende handeblare in die wind voetewortels obsessie oor water rituele lyfboom streng seisoene volg kwalik neem […]

RESTLESS, die film Morbied verstaan ek as iets geheel-en-al anders. Vir my is morbied wanneer iemand hom met die dood inlaat as ‘n skrikwekkende, vreesaanjaende, horrorverskyning wat beteken verrotting, stank en verlies. Morbied is daartoe die mens wat alle aspekte van die dood vermy, gaan nie na begrafnisse, ook nie van engste familie nie, bloots […]

ʼn Moeders harteboesem versluierd diep, haar ware liefde verloor in vere sag, verbloem in warm vou van moerderliefde Oggendbone boeretroos aroma vleg deur huis van glas die geur van stywe mieliepap ʼn hart betoon, geneentheid vas Haar hartlik heldemoed vereer Dag na dag haar waagmoed wys Haar onverskrokke moedigheid met lied en daad bewys My […]

1ste Vers eendag was daar ‘n seuntjie gebore Sy gesiggie geraam in helder skyn gesoek deur konings en gehore moeder-liefde in ‘n krippie klein oomblik se nederige gebeure tog eeue later steeds weergalm in sondaars-harte wat steeds verbeur hul redding ‘n tinger groen grashalm Refrein Halleluja die Koning kom Halleluja ons wag op Hom Halleluja […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Theresa het n geregistreerde lid geword

  • ILANA het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • ILANA het ‘n nuwe publikasie gemaak