Vrou
Ek weet jy stap deur tuine waarin daar skadubome is, verby laventelbos en lelies in die blom. Die rose wys hul mooiste kleure net vir jou en ballerinas* dans jou agterna. Die blomrok wat jy dra vou saggies teen jou lyf, die wind speel met jou hare wat (effens wild en vry) verby die ronding […]
Daar is ‘n Koning
Mag jul feesgety gevul wees met liefde, saamwees en lag die wonder van Kersfees is die grootste geskenk aan familie en vriende ‘n Tyd van omgee en jubelende dankbaarheid in die klein kring van ‘n kers se lig lê vrede en waarheid Mag die blye boodskap aanhou in jou hart mag jy skitter en volhard […]
Kontreistories: Krag vir Kanoneiland deur Lynelle Clark.
Dié storie vat my vêr terug, toe die lewe rustiger was, sonder die gejaagdheid wat ons vandag het. Families was nader aan mekaar en afstand was ‘n relatiewe begrip. Die Engelbrecht (aan Pa se kant) en Smit (aan Ma se kant) familie was wyd verspreid oor die land tot in Namibie, maar dit het hulle […]
Fyn – soos fynbos
Ek sien jou staan teen krans en klippilare. Daar is fynbos in jou arms en jou vel is soos ivoor. Die winterson toor heuning en amber uit jou hare. Die aarde is van jou bewus – sy weet jy is ‘n kaalvoetkind wat net partymaal skoene dra. (Sy ken jou vrae, maar elke antwoord hou […]
Tinktinkie
Hoor… Hoor jy dit? Die fyn getik tik van ‘n tinktinkie se pik Hoor… Hoor jy nou? Die liefde roep jou Roep ‘n hart so flou Hoor… Luister gou na die roepstem van opregtheid en trou Tinktinkie fyn met jou lyfie klein hoe vind mens liefde so opreg, skoon en rein?
Een asem
Diep teug ek tot lug aan my longe lek Dan stadig asem ek uit dat dit gebruik Aansluit by die groot eenheid wat die aard-atmosfeer omsluit ‘n Gedagte flits – deur wie se longe gaan my asem nou rits
Maan sprokie
Die maan blom in goud oor die lewenswoud en luister stil na die nagkoor skadu’s trek langbeen waar die nag begin gaap en die vermoeide droomloos vaak raak Sy geel gesig skuur vlugtig teen die son se bloswang as hy verby haar gly waar sy opstaan en op die blomme rus trane van die maan
Als in vyf minute
Die eerste vyf minute na vandag wou ek weer in jou arms kruip so sonder gedagtes of tyd wat my versmoor soos toe ek nog my hand veilig in joune kon vou maar nou moet ek myself in hierdie godverstreke spasie weerloos in wolke wind. Hier sal ek eers moet sweef, my ligstraal-lief tot dagmerke […]
Eensaam
Wanneer die abstrakte afwesigheid van jou frekwensie-draende teenwoordigheid soos bliksemstrale deur my verlate kosmos eggo om verduisterde vlaktes te verlig, weet ek; nou dat jy weg is is alles weer reg. © Caren Kearley Kopiereg Voorbehou
Vandag se wag
Jy’t geweet ek wag; oopbek soos Bainskloof se klowe vir ‘n ster beligte nag. “Toe lag jy net, soos ‘n Langstraat slet.” My twaalfde uur het gekom en stil-stil gegaan. Klowe het hul howe gebowe, en jy het letsels vol rowe; vars bloed belowe. Nou wag ek nie meer want die seer het geleer om […]