Wegkyker (Goud)
só kan ‘n aanslag van ‘n skuinswind jou kom optooi in ‘n kissie as jou armoede naak kom blootplak daar waar jou verdelg van goed al lankal asielsoekend was of jou aan ‘n aalmoesbiegbank vasboei totdat die selfgryp van jou gawes (uit jou gul genadebron) soos ‘n klipverdroogde vlakte reënsmeek rimpel in die son en […]
Varslug
hoë na lae druk beweeg lug vrylik laat vullis warrel deur veld en strate in stofwinde hoë denke baar dogmas in dik boeke gedruk gou getwiet* in media grepe opgedis as gemoedpoedings en advertensie fondasies lig gebaseerde teoriëe waai stof die eter in verval weer met control alt del** en blits vinnig gaan lê die […]
Rots
wysheid is swart rotsmossels wat spam* glowe sny water spat spoel woel bang gespanne oor mosselvloere mosselpunte bly sny glanswit blink na bo *s.nw. [versamelnaam] ongevraagde e-posboodskappe, dikwels advertensiepos, blindweg na veelvuldige poslyste/individue/nuusgroepe gestuur, of sulke SMS’e na selfone; strooipos; gemorspos; (informeel) bliksempos Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (6de uitgawe)
groei
– langs twee voetspoor paadjie groei daar droë fynbosse stil wagtend op vog van die nag – teen rand van ‘n baai lê skulpe wat gruis word onder die voete uitwerpsels van die storm see – teen droë duin skor ‘n kolgans bespied omgewing vir gevaar daaglikse weiveld waar sy eet – agter wit sand […]
sê niks
– sleurend klink die roep van die visarend deur die klowe styg die klanke op na bo antwoorde kom in elegante weerklanke oor die kabbelende helder waterstroom – uitdagend blaf die bosbok ram se stem oor bulte en heuwels baken hy sy gebied ver in ‘n kloof kom uitdagende antwoord deur bos en rant bly […]
insig
– sien ons die branders sien ons die stormwind wat waai sien ons die spierwit strande uitgestrek wat sien ons wanneer ons op ons voete staan minder as die krappies wat haastig kop in die sand steek wat heeltyd wegkruip vir die meeue se krysende geluid wat heeltyd vervaag en verdwyn in die nat strand […]
arend storm
– wilde winde ruk my hart skud en skud alles wat was is verlore manies depressiewe gedagtes vloei in strome om my heen so is die arend storm wat in my woed – ©Teãrlach