Soweto Winter
teen stowwerige gras en droë gat teer pad lê pandok huise plastiek vuil om arm kraaie skree en pik sagvrot kos in dié kou werklikheid van keuses onbewus sagte informele musiek balsem vae pyne keer trane uit maskara oë in voorstede onbewus
wie
– wie op wysheid se rusbank leef leef in weelde – vanoggend is die see ‘n spieël van hier op strand tot die anderkant van da gama se monument tot piketberg elke detail uitgespel in gladde waterverf slegs hier en daar is daar ‘n vermoede van ‘n windjie wat net wil opsteek effense rimpeling oor […]
Torings
torings steek in elke dorp se hart daar is die met prestige ander met horlosies wat nie werk almal het vere huurders met mis in hul midde torings sein ou boodskappe ontvang nuwe antwoorde via hoë tegnologie ontvangers deur self aangestelde profete aan gelowige aanhangers torings staan sandsteen skurf gewigtig swaar as kern van eeue […]
Lewe Getye
water getye woed na ń breek punt op harde rots in ń wit spoegende was buig en bars stamp staal rue uit op maatskappy rostrums ingebind as verroeste draad getye spoel as briesende energie versmelt dan eenvoudig stol en sak weg
gisters
– kermend kreunend sleur die koue windjie deur dorre duine en fynbos elke takkie maak musiek – vieserig skud sy haar kop en blaas stoom in die lug op opgestaan uit warm lêplekkie bekyk sy die duine om haar – vroetel-stappie vir stappie kom skilpad in pad af gesluip sy rigting soms maar onseker sy […]
spieël
– leke preek woorde uit hul gedagtes verwarrende lering wat mense laat twyfel hoe meer hul dit spreek hoe groter hul oortuiging dat hul nie verkeerd is nie – kwakke skryf pille voor vir goed gelowiges wat glo dit maak reg wat verkeerd is in hul hoe meer pille hul drink hoe meer moet hul […]
Radikaal
Gatvol vir óns welbehae, oop visier op ons gerig; genoeg gegee te veel verdra slaan sy verreikend terug. Ter wille van ons voortbestaan buit ons Moederaarde uit bietjies-bietjies stadigaan word haar behoud gestuit; haar skoonheid word afgemaai haar goedheid uitgedelg soos die rykmanswêreld om weelde draai, word die armes deur honger verswelg; te veel selfsug […]
Die nuwe normaal (Silwer 582 woorde)
Iets wat mens nogal deesdae gereeld hoor, is: “As alles weer normaal is …” of “Noudat alles weer normaal begin raak …” of “Die nuwe normaal is …” Nou wonder ek, wat word beskou met “normaal”? Die HAT beskryf die woord “normaal” as “Volgens die (gestelde, aanvaarde) norm; reëlmatig, gewoon, volgens die reël.) “Normaal” is […]