Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Sosiale kommentaar"(Bladsy 9)

die vars bries kring rook geurig in die blou lug oor ń mark kinders ry in sirkels deurdie labirint ń vals trein fluit op sy sirkel pad in die handels paradys lag aanbieders alles is te kry behalwe nie geld goed om ń hoek trane oor ń wang tussen die midas hutte ń verlore kind

oues in tehuise met hoë sorg veiligheid is vasgevang in eensaamheid jonges in moderne komplekse gerief en werk is gevou in seriliteit mensdom in eenvormige Youtube blibbs* is verblind tot ń lewelose bestaan * Youtube is die handelsnaam van ń kuberruimte webruimte waarop videos gedeel word deur individue en media instansies.

in die rookmis van Main verkeer langs duisende mense verskans in staal staan twee bondels klere in skraal skelet werkers stroom verby bestuurders vol gedagtes van besigheid wat prut in kantoor en koffieshops tuur uit nuwe motors handgaring verbind vaar twee bondels klere die vloed binne om saam deur te gaan

in pakkie blou manlik vervat ń vrou met effe rooi serp uit professioneel verslae vooraf gepak in gedrukte omslae flits vals beelde uit eenvoud se maag stotter feite onwelvoeglik sonder wag as stink waarhede as ore luister kaal sonder getikte referate skrik ons wakker en hande klap

op vierkant donkerhout kassie uitgekerf ń vreemde landskap binne rus ń rekening die as van ń kind diep swartklowe sny die vaderkop witbossies oortrek die kop katarak strak staar sy oë na die kissie as in vyfster hotel op spierwit tafeldoek reik ń naallakhand na skuldkassie vierkant plastiek sal gou vergoed op kaal misvloer tuur […]

– waar is jou oorsprong waar lê die angel van jou kwaad jy wat goed was – en tog ook nie mens volmaak geskapene – wie is ek, arme mens waar is ek dan op pad heen ek wat onskuldig gebore was ek, wat net sonde doen – mens bevrees voor God sterre wissel, storms […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed