VERGEEF OM TE VERGEET
Ek weet ook nou dat jy net gemaak het asof jy lewe want orals lê lyke rondom jou en bewe so, voor vrees my nou weer opsluit en ontspoor vou ek my hande saam om jou te vergewe. © 7/2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde
HOE LANK (goud)
Hoe lank sal dit vat om gedagtes te ontbind sodat ek net weer die mens binne my kan vind want my wag het lankal die lewe ingeskiet terwyl ek toekyk hoe spore orals vergaan in die wind. © 7/2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde
‘n wit hond byt
– “bitter is die gal van ‘n hond wat die hand byt wat hom voed” – wanneer dit goed gaan, is almal vriendelik wanneer dit begin sleg gaan raak almal kwaad wanneer die vloekwoorde wit teen die mure begin sit begin hond op hond jag maak om homself te voed – wanneer wit nie meer […]
Pêrels vir die swyne (Silwer)
Wie sal eendag die gelag moet betaal, omdat ons die swyne doofstom onthaal; wyl hulle óns reënboog se kleure steel en die son – korrup – met weemoed vervaal?
Sing, Bliksem sing! (Silwer)
Al dra ‘n aap ‘n kroon, én goue ring, bly hy steeds ‘n nare – geslepe ding; wat liewer sy tyd in ledigheid slyt, wyl hy ewe verwaand sy lof besing. * Foto: Olieverfskildery: Royal Monkey deur Donald Roller Wilson 1976
Sukses Trap
verwyder nat broek wat stink kruip voort ervaar nog seer stukkende nerwe word gesond open grense ń wye wêreld om in rond te val opstandsgees gis drange in ń lewensdrank soeke na bates gee doel aan werk sukses behaal laat sak die vaak links-regs besluite bly gedane sake agtertoe is dood
OP JOU BORSKAS (goud)
As ek vannaand my kop neerlê mag dit op jou borskas wees want ek is bang bang vir myself bang vir Eskom se donker bang vir ons eie Afrika bang vir ‘n heelal wat heeltemal te veel geword het ek is bang omdat ek ‘n vrou is bang omdat ek hier is bang vir skadu’s […]