Episode drie: In die middel van my tuin staan daar vir altyd ’n ryding
Terwyl ek hier sit en aan die herinneringe van my voertuie en die kaskenades in, om en met hulle herkou, sak daar ’n lap van skuld oor my gemoed neer. Voordat ek my heel eerste voertuig met my eie geleende geld gekoop het, het my ouers en uiteraard meer my Pa as Moeder, my van […]
DONDERDAG,3: Luiers
Regerings moet mens soos luiers uitruil – en dit uit dieselfde redes. [Pieter Pampers (nasionaliteit en geboortsdatum onbekend)] ©.2016…………………………………………..◄]:o)…||…(o;Þ……………………………………………………tje
As . . . .
As kind het jy my gevind en saam het ons gegroei in ons weë saam gebind As tiener het jy geneem wat vreugde moes wees liefde het hom vervreem As wese het jy versteen en my met jou geneem deur eensaam en alleen As anker sonder ‘n ketting had jy geen doel vir lewe en […]
Dis sulke doef-doef geluide.
Vrolike spierwit skoenlappers smash een vir een vir een v i r e e n teen my windskerm en skiet gate in my hart. @ Anria
Die Oom … Die Volmaakte Moord
Dis donker in die skaduwee van die Wildevyeboom waar Klein Gert Venter staan in die agterplaas van die kinderhuis. Hy wag om te kyk of iemand agtergekom het dat hy nie in sy bed is nie. Maar die huis bly donker en stil. Hy sluip gebukkend tot by die draad. Daar seil hy behendig deur […]
Soos Die Witduif Se Verbyvlug
Die Witduif Se Verbyvlug Dis Valentynsdag en orals wapper wit vredesvlae skynheilig in baie harte een dag lank in ‘n vertoon van vrede en liefde maar word vanaand weer saam met die witduif se neswaartse verbyvlug in skemerlig gestryk, opgevou en ‘n jaarlank gebêre—– Geen woorde word so ligweg en ydellik misbruik as vrede en […]
Die Oom … Is onsedelikheid ook rooi? Hoofstuk 2
Gert Venter sit aan die tafel en kyk hoe sy ma die bakke kos voorsit. Terwyl sy so ‘n laaste roer in elke bak gee, draai sy maag saam. So ‘n lekker honger draai. “Ek is darem nou baie honger!” laat hy dan ook summier hoor. “Dis seker van al die harde werk wat ek […]
DONDERDAG: Klippe
Moenie die hoop klippe doelloos aankyk nie: oorweeg, wie kan jy daarmee gooi! Persiese spreekwoord
Die Oom (Hoofstuk 1)
Dis donker in die kamer, maar Klein-Gert Venter is bewus van elke beweging wat die man op die ander bed maak. Hy kan dit egter nie sien nie – hy span sy ander sintuie in om waar te neem. Klein-Gert wens hulle was ook so ryk soos James de Witt-hulle in die bo-dorp. Dan het […]
Vergifnis
Vergifnis Daar is geen volkome vergifnis op aarde te vinde nie want die gif bly steeds vassteek in die middelste lettergreep daarom sê die mens ek vergewe maar ek vergeet nooit omdat niks die gif kan uitwis uit jou geheue nie. Daar word wel met groot vertoon hande geskud om die vrede te beseël maar […]