Oggendgedig (Marakele* ~ 10 Julie 2016)
Kom sit vir ‘n oomblik hier langs my dan kyk ons na die veld en gras wat groei tussen groen doringbome hul stamme nog in donker gekwas. Die skemer is aan die verby gaan dis die sterwensuur van die nag sy vaarwelsgeskenk, ‘n ontwaking ~ die geboorte van ‘n heel nuwe dag waarin wild’seringbome se […]
Die pers heks van Blommeland skryf ‘n vér verlanggedig
Dis skemeroggend en dis winter maar die hemel skilderdoek skroomloos in oranje van hier by my tot oor die kranse by Franschhoek. En wyl die son nog effe sku agter veraf pieke hang moet ek verleë erken, my lief dat ek soms skaamteloos verlang ~ na jou en na plekke ver van hier. * Na […]
‘n Kamer met ‘n uitsig (‘n brief aan Shirley van Engeland)
Beste Shirley ek neem foto’s deur groot ruite met die skoonste, skoonste glas. Vér onder groei sipresse en die groenste, groenste gras. Die dam lê blink en blou. Ek skryf vandag vir jou vanuit ‘n vertrek vol vrouens, koek en tee. Daarbuite speel die mense gholf. Dit voel als so half koloniaal vir my. Ek […]
Onthou om te huppel (vir Klarissa, met haar 21ste verjaardag)
Huppel over berge en heuwels volg die kronkelpaadjies wat oor veld en vlaktes vurk en hurk langs die spikkeleier van ‘n bloukraanvoël. Kyk, dit lê op barre aarde tussen klippertjies en gras. Skulp die kuiken van ‘n kolgans in die holte van jou palms vas voel hoe sag voel veredons as jou vingers daaroor streel […]
WhatsApp (last seen 25 Dec 2014)
. . . en skryf jy nog lang gedigte oor die liefde en ons land ry jy nog die wêreld vol tot innie Kaap was jy toe ooit by Bloubergstrand ek bly nog in my houthuis drink steeds soetwyn saam met brood en onthou jy nog die wit hond hy lê nou weer met sy […]
Die Boland rus in onskuld
Die Boland lê en sluimer In hierdie skoonste môre-uur En geen een kan dit beskryf in woord of taal. Bo hoë en verre pieke Ontvlam die dag in amber vuur – Lig gebore om ten hemele te straal. Alles wat nog donker was Nestel koud (dog in goud se glim) – Dis die winterson wat […]
Kolmanskop
In die suide van die Namib waar die son steeds bloedig skyn net ‘n entjie oos van Lud’ritz in die heet van ‘n woestyn pryk vandag net die murasies (uit tye baie lank gelee’) van eens swierig herehuise aan sand en duine oorgegee. Sonder slot en sonder grendel staan geboue leeg en kaal soms dans […]
Soos een wat op verlossing wag
êrens waar die sterre tuimel uit die newels van ‘n melkweg êrens waar ‘n towermaan oor ‘n dor en barre aarde skyn breek ‘n boom ‘n klip en kremetart sy onder hemele oneindig wyd en ruim diklyf, kaal en sonder skaamte wring sy haar arms tot geraamte en laat haar vingers teen die silwer nag […]
SUID
Suid Hier sekel Bolandberge, hier groei varings teen ‘n kop maar elders – waar hul vry voel – raak zebras weg oor rante onder dawerend’ galop. Die gompou en die korhaan skarrel tussen gras benee die Kgalagadi hemel hoog daarbo. Teen die middag brand elk klip in die Karoo . . . en Namakwaland se […]
By Potberg het ‘n Elandkoei gevrek
tussen die vaal en grys van rotse in skeure vasgevang teen die helling van die berg al langs die skuinste van die hang – dis daar waar Leucadendrons groei en Mimetes blaar in pienk-rooi bloei en hoog aloor in sirkelvlug op wind wat stroom en warm lug sal witrûe ewig swewedans bo die steiltes daar […]