Liefde is vir die voëls
dis die sout op haar lippe dis die sout oor haar wang en sewe pelikane wat bo Saldanhabaai hang dis die daisies aan die voet van die grys klipkrans en die witkruisarend wat oor die veld swerfdans dis die wolke in die hemel dis die wit teen die blou en ooievaars wat koers verby Darling […]
GRYP DIE OOMBLIK
GRYP DIE OOMBLIK! ‘n Klompie jare gelede was Koos en ek vir ‘n paar maande in Zambië gestasioneer. Ons selfone was nie internasionaal gekoppel nie. Ons was afhanklik van Pieter en Elsie se huisfoon vir oproepe na Suid-Afrika. En was dit duur! – sestig rand vir drie minute se kosbare gesels met ons geliefdes. Pappie […]
‘n helderpienk gedig
daardie dag waarop jy dood is was Matsikamma aan die blom oor die rantjies en die rûens tot onder in die laagtes waar kuile in valleie kom die pienkste kandelare het gebloei deur sand en klip en dat iets so mooi verby moes gaan was veels te hoog vir my begrip maar daardie herfsdag – […]
Voëltjies vergeet
oor die dor van Vrystaat vlaktes huil die winterwind – so skraal – weer ritselend deur pluime gras in rou gekleed, en vaal ‘n koester vlieg steeds weer en heen alsó deinend is haar vlug oor gister sal sy nimmer ween – in elke droom vind ek dit t’rug © C. Shaw 13 April 2016
Knersvlakte (haikoe)
bont bloei namakwa tussen klippe in die sand wanneer winter sterf C. Shaw 4 April 2016
DIE FOTOGRAAF
al wat hy vra is die Kgalagadi gee hom net die stof en die sand vaal gras wat pol teen ‘n rooi duin en die grou van die lug bo ‘n rant stuur tog ‘n maanhaar oor die vlaktes met sielsoë en ‘n blik wat nie wyk al stromp’lend op sy laaste vier bene alvoor […]
Ek was gister weer by Bettiesbaai
oor die silwer dam by Bettiesbaai het ‘n vars wind – sonder ophou – vanaf Kogelberg se kant bly waai die reuk daarop was ‘n mengelmoes van sout en vis en seebamboes * soos smeulend amber rus ons liefde (in afwagting . . . dat dit wéér ontspring) net soos kelp drapeer oor ruwe rots […]
Skemeraand oor Jonkershoek
o helder, helder water o groenste, groenste blaar kyk hoe lê die lelieblom so skoon onskuldig daar * ‘wyl skemer teen die wal kom rus kwaak daar nog paddas in die dam tussen lang gras en ‘n rietpol word stille skadu’s vasgevang o diepste, diepste klowe waar dit eggo sonder taal hier boggom bobbejane reeds […]
“Europa is ‘n baie mooi plek”
Maar hier in Afrika stap ons (soms nog) agter beeste aan – verby bar fonteine baan ons onse weë oor droë lande en met stofpaaie langs na velde waar daar weiding is. Ons leef bewus van die hemele se blou die louheid van die môre die middagson se skroei. Ons ken sand en ons ken […]
Stellenbosch 05-03-2016 (oggend)
Die wit mis baar ‘n denneboom uit newels oor die herfs wynland donker stam met swartgroen kroon pryk beeldend aan die berg se kant. In die woonbuurt hou die boerboel wag agter ysterhek en pleistermuur en wuif vlinderblomme silwersag voor die ou stoep om die huis. Die afdak spreek victoriaans met ‘n kantpatroon in […]