Saphira die Spoorsnyer
Saphira hardloop saggies, maar vinnig, deur die fynbos hoog bo die see. Sy is oppad strand toe. Daar is nie baie plekke waar sand en see ontmoet nie. Meesal is dit maar kranse waarvan selfs ‘n Feëtjie Hond soos sy seer sal val see toe. Saphira stop skielik. Sy haal vlak asem. Sy is seker […]
Sandappelgeurtjies…
Ai, ek dink aan die speellekkerjare in my grysigheid se wordende ryp want sandappelgeure verstil die tyd en strooi verlange só wyd en so̒ syd. Hoor die gebons van my rietperd se hart as hy jou weerstand met minagting tart. Hoor ook hoe sag trap jou rietperd haar spoor en knyp vas om nie nou […]
Gister is ‘n ver land (ballade vir Mary-May)
Vér in die verre verlede op ‘n dag in 1910 het die mooiste kleine baba haar eerste lewenslig gesien en wyl sy wieg in moedersarms was haar pa so trots en bly hy sing vir haar ‘n lullaby en hul noem haar, Mary-May. In die herfs van 1930 stap Mary langs die strand en ontmoet […]
Engel
Engel Die bleekheid van die dag gaan ongemerk by haar verby. Groot trokke donder voort in die rigting waarin sy strompel op die pad langs haar. Sy lek haar droë lippe af. Haar gedagtes warboel en chaos sonder vorm. Engel lig haar oë langsaam op van die gruis en teer. Die son se hitte stu […]
My drie wense
lank gelede toe ek ‘n lampie optel het ek in gedagte begin vryf my hand maak sirkels terwyl ek drie wense hoog in die lug skryf nommer een was eenvoudig, mooi en sag ek wens dat jý -net vir my- jou lag sal lag nommer twee was baie diep ek kon dit nie keer maar […]
Wat word van Afrikaans
Verskuild rus jy in Sarie Marais wat ver is en jodel as jy die wandelpad stap wanneer jy moeg word vir die stad Soms toer jy na die ou Kalahari op die rug van ‘n blink vosperd as jou woorde Suikerbos-soet stroop Die koffie in die kan wag op ou Jan as Pierrewiet sy deuntjie […]
Kolmanskop
In die suide van die Namib waar die son steeds bloedig skyn net ‘n entjie oos van Lud’ritz in die heet van ‘n woestyn pryk vandag net die murasies (uit tye baie lank gelee’) van eens swierig herehuise aan sand en duine oorgegee. Sonder slot en sonder grendel staan geboue leeg en kaal soms dans […]
Die alfabet is kleurloos
Bepaal velkleur jou taal of hoe jy in Afrikaans spel, en kies dit die woorde se letters wat haat of liefde uitdruk? Jou moedertaal is dit wat jy koester. Die taal waarin jou moeder jou roep en aan die slaap sing of sus wat jou laat voel jy behoort waar jy is. Die alfabet is […]
In die soepelheid van jou krag
soggens as die kartelson in warboel met klanke van geel oor die Westerkim ontplof dartel die tortelkoer van genadeduiwe soos ‘n heil’ge siterspel op fladdervlerke na Bo Tambotieboom in die bruingloed van henna en rooiborsduif wat in blare soos granaatpit in skarlaken blom en iewers in die agtergrond die Neushoring wat binnemonds brom met malse […]