Om andersom te bid
2 Kor 5:1 – “Ons weet dat wanneer ons aardse woning wat maar net ‘n tent is, afgebreek word, ons ‘n vaste gebou in die hemel het. Dis ‘n woning wat nie deur mense gemaak is nie maar deur God, en dit bly ewig staan.” Hier waar ek sit en wonder onder winter se nat […]
Vir Katrein
Vir Katrein Hierdie reis kon sy nie keer met haar vlerke trillend oopgestrek om die wieke van ‘n noordewind te vang hang sy halflyf aan haar spasies en ruimtes wat heelal om alles en almal. Met wilde woorde wat wakker lê in haar mond (om nimmermeer tot stof te keer) flap sy vere uit Walhalla […]
Hartmure
vredige veilige veersagmure alles is warm en plesierig troos muur se salige siel liefde is ‘n beskermende arms maar een laat donkernag sit sewejarige seuntjie saam met pa seks op die kassie ‘n traan breek oor muur se gesig kinderlike musiek wals teen mure vrolike getrippel af in die gange gesonde ronde gesiggie is opvreetbaar […]
VLERKLOSE ENGEL
o, engel jy met gebroke vlerke wat in die stiltes standbeeld in eens gewese paradysgalery; meesterstuk van soorte is jy in die skadu’s van jou – selfgestruktureerde – lugversorgde donkergraf perfekte klanke van n u t t e l o o s h e i d weergalm deur jou ywerbid langs ‘n vergulde altaar daar […]
Wonderdroom
Sy het geslaap, onder ‘n boom vasgevang in ‘n wintersdroom. Dit was ‘n versterde stem, van ver wat bẩẩh-blah-blah soos ‘n bok sonder bler. Sy wou so graag weet hoe om te gister vergeet. Haar hand het sag rond ge-aai; traan-langs geskoppelmaai. Soet het haar siel gebloei asof sy met Goliat stoei. Verwarring het haar […]
Waar hou normaal op en begin dit verkeerd loop?
Hindsight is eintlik ’n vieslike ding. Meestal vlek dit die waarheid oop tot op die been en om gekonfronteer te word met die naakte feite, is selde gemaklik. So gebeur dit toe dat Ouboet onlangs vir my sê: “Ek weet nie waar jy vandaan kom nie.” Om eerlik te wees, ek ook nie… En dit […]
Sing jy (maar) van blomme* … (ek sing van vuur)
Die son gloei vanoggend oor die wye Karoo maar elders brand daar treine, of skole – of so nog ‘n vrou, nog ‘n kind, nog ‘n man in die straat verloor die stryd teen die vlam, die rook en die haat. Wie moet hiervoor die skuld kry – en nog smeulende vrae of is […]
Die Bosluis
Die Bosluis Bring my terug aarde toe ek vra mooi, moenie huiwer aangesien realiteit my reeds nooi, red my uit die beswyming wat my omhels soos ‘n bosluis wat net aanhou klou vas byt geen berekening gehou net ‘n destruktiewe aanhangsel wat parasiteer aan my siel sonder keer net die aanhoudende verniel wat my insluk […]
Sing jy van blomme
Nou dat sy gaan na die stil ongebraakbaarheid van yl vergetelheid– lywig van buite; (met bitter min wat binne agterbly) nou wil hy die afstande verwens waarin hy haar metamorfies gekelk het na sy somber sin; net om sy hande in haar onskuld te was haar waters van rus troebel te laat bloei met jou […]