Saphira en die Halfeeufees
Saphira sit op die kasteel, wat half deel van die berg is, se dak. Dis donker nag en sy weet dat Eolande al lankal vas aan die slaap is. Om die waarheid te sê, almal slaap behalwe sy. Die Feëtjie Hond sug. Die maan is groot en geel, maar maak geen lig nie. Sy haat […]
Labirint
Die labirint se kronkelpad lei my al verder van die middelpunt en raak verstrengel met ander se paadjies. Die bol gare in my hande word al kleiner en kleiner soos ek deur die labirint loop en die gare, saam met ander s’n, soos ‘n web agter my laat. Om my is die groen mure, die […]
Halfmens
“Ek kan nie meer voel nie,” kla ek. “Die wêreld lê in skerwe om my. My hart lê aan skerwe. My voel is op.” Hulle breek my borskas oop terwyl ek slaap en vervang my hart met een van metaal wat soos ‘n horlosie masjienagtig die tyd verby klop. Al hoor ek dit, voel ek […]
Insomnia
Ek verdwaal in wakker en soek slaap te vergeefs. Uil se knip ontwyk my, ek hoor hoe-hoe hy luister na my kop wat raas en met dag breek net fluister
Kyk mooi na my hart
Kyk in jou sakke In jou kar In jou tas Kyk oral Waar jy dink My hart in kan pas Dalk kan ek hom Vir jou ‘n Ander tyd stuur Ek is net bang Jy vat hom weer saam En los my hier
Wanneer orrelstryk chaos raak
Ek had ‘n tante wat kween was en wat as selftoegeëinde reg geglo het sy weet alleen alles. En sieklik snipperig in haar gusheid jy sal nie glo nie! Dis mos sy wat my eendag sommerso dwars opgeklim het toe ek vir Kleinsus waarsku sy moet nie so truiloos in die winterluggie rondhardloop nie want […]
In my wêreld
Here, dit voel asof ek nie kan sien wat U wil he nie Dit voel asof ek nie kan hoor wat U wil se nie Ek het weg geraak in my eie wêreld Here, niemand het eers na my kom soek nie! Dit was so stil, Here Ek was so alleen Het iemand ooit geweet […]
Die Droomvanger
Die byna-vergete-skadusiel sluip in die aand deur die stad se strate. Hy beweeg tussen die flikkerende geel ligte wat in die strate brand om hom weg te hou. Hy talm in die donker ranke van middernag, in die kraak van vloerplanke en dakke wat afkoel ná ’n dag in die brandende son. Hy fluister in […]
Carpe Diem se Watsenaam
….en eintlik is ek nou al moeg gegryp aan al die dae. So moeg, dat dit reg voel om enetjie deur my vingers te laat val. Bietjie gryp na die veerpen wat saggies verby gesweef kom, en ‘n druppeltjie ink uit hom druk. So laat Hubby se “sit jy alwéér hier” my ongemaklik op die […]
Seerower skatte
Soos soutsproei saggies klots teen sinkskip se uitsteek mas wonder mens onomwonde wat versteek, geberg hier was Die roesverweer-erosiedek vol aangeslane muntstuk vertel sy eie ryk verhaal – is hul skatte dalk weggeruk Skip se stuur steeds rumbevlek skets prent van dom matrose was dit immers hierdie defek wat hul ontneem het van die bose […]