Skisofrenies
Vasgevang in enkelpaar en ingekanker op mekaar omswalk ons helder duisternis om van ons tweestryd te ontvlug want ons lewe as ‘n klug omdat ons tweekop reis. En daarom, juis deur vrees omspan, oorman deur angs, skree ons ons hees teen die middelskorting van jóú siel, mý gees in vrugtelose soek om tog net één […]
Die uil en die skoppensboer
Deborah het voor al die ander inwoners geweet dat daar dié aand weer ‘n uil op pad is. ‘n Mens se lewe bestaan tog net uit twee tye: voor die uile kom en ná hulle gekom het. Party se uile is altyd naby en sweef geruisloos saam met hulle deur die leed van die lewe […]
Gew-ete
My hart eet gif uit die bord van b-ete-r w-ete
Veg vir my
lekker los lip glip glip ek van jou tong af en soos ‘n sagte soen só blêrrie lekker rol ek oor jou liippe ek klik-klak lam-mak val ek saggies op jou oor dan tiekiedraai draai ek en jou hart op sy klop-klop ritme met elke beweging smeek ek hom ek probeer om vas te klou […]
Slapeloos in die voorstad
Mamma, is jy wakker ek kan nie slaap nie, Ma. Dis twee-uur in die oggend en dis donker hier by my. Buite in die straat ry ‘n kar nou net verby – deur skrefies in die blinding breek die maan. Mamma, ek tel my vrese een vir een en soms lê ek en wonder of […]
Gelukkig-klink-gedigte
Drome Skuil in verse Pyn Agter woorde ‘n hartseer-traan Op die papier Waar ek sê Jy maak my gelukkig My vuis Slaan woedend ‘n Glimlag Tussen lyne vas Woorde Verse Paragrawe Oor jou In ‘n koevert Netjies geseel En vir altyd Toegevou
Gebed: In, maar nie uit die wêreld
“Sou ek nie bìtter graag wou ken die oorsprong van my angs en vrees? Dan sou ek mos as enkeling gehoorsaam dat ek stil moes wees in onvervreembaarwete dat U Stem vermaan: “Hier bly jy net ’n Vreemdeling.” O Heer, as eens my tent beginne reep en ek in eie vasgevange sonde tot U smeek; […]
Ons land brand
Die vlerke flap fladder-fladder, terwyl spiere oor vlerkspan in harmonie saamwerk, om so, deur die lug te trek. Die lug stroom, asof in droom om vaart belynde vorm en ‘n mossie swiep vinnig verby om seerkry te vermy, maar in jou kyk is waar die aarde in veelkleur resoneer wagtend met asem…opgehou vir die oomblik […]
Gister se spoke
Ek onthou toe ek my eerste “iets” verloor het. ʼn Hele twee rand, by die hoek kafee van die Portugees. My broek se sak was leeg toe ek my chips en los lekkers wou betaal. Ek onthou presies waar. Op die ander hoek op pad na die kafee was ʼn Rooms-Katolieke kerkie. My broer het […]
Grouvrou
Gisteraand was ek weer ʼn grou vrou. Uitgestap onder die sekel maan en by my grou gat gaan sit. Ek het gegrou in my gat en al my toe gegroude rougoed gaan uit grou. Ek het diep gegrou….. deur my hart deur my siel gaan uithaal om net weer te rou. Die maan se lig […]