Aardsengel
In haar waansin wou sy ook weet wie se beeld lê dan in haar geskape — ‘n rib, wat nie heeltemal pas; stof wat stink in haar siel. Terwyl die blou in die weste goud word wens sy weerbarstig en waardigterlik – haar vonnis en sy lot is klaar verseël met die swaard van gereg […]
KATEGORIE verskillendes/snaakses: Aapstert @
KATEGORIE: Aapstert @ Die sogenaamde „aapstert” stam uit ‘n ou afkortingsvorm, waarskynlik in verskeie Europese tale, en kom uit Frans, accent gráve en agut [Afrikaans, aksenttekens (láng, sê ek, teenoor skèrp of kòrt)] In geskrewe Duits word dit (nog altyd, buiten in die elektroniese dataverarbeiding) so geskryf: à. En presies so uitgespreek: à, ‘n kort […]
2017
Is dit eers as ritmiese refleksies van die lewe rookseine uit jou asemsnare ruk; dat die werklikheid tasbaar raak wanneer woorde bloei oor jou wese – geskandeer tot klankbedrog in waaigras. Is dit eers as simpatie vereenvoudig in simmetrie; woed deur die klankbaan van wat jy voel dat jy die reuk van realiteite sien rym […]
Om andersom te bid
2 Kor 5:1 – “Ons weet dat wanneer ons aardse woning wat maar net ‘n tent is, afgebreek word, ons ‘n vaste gebou in die hemel het. Dis ‘n woning wat nie deur mense gemaak is nie maar deur God, en dit bly ewig staan.” Hier waar ek sit en wonder onder winter se nat […]
Vir Katrein
Vir Katrein Hierdie reis kon sy nie keer met haar vlerke trillend oopgestrek om die wieke van ‘n noordewind te vang hang sy halflyf aan haar spasies en ruimtes wat heelal om alles en almal. Met wilde woorde wat wakker lê in haar mond (om nimmermeer tot stof te keer) flap sy vere uit Walhalla […]
Carte blanche van die natuur
waar die winterson wydsbeen oor heuwels sit brand die dorsverlange na ‘n nuwe somer waar ek tot na die middernaguur met droomoë na die sterre kan tuur in die krummels van die Bosveldvuur wat seine na die Hemel stuur sien ek in die konstelasie spore van dit wat was, is en weer sal kom met […]
Vrede
VREDE Klein woord – groot begrip Menslik moeilik om te verwoord… In ‘n wêreld: vol trane wat drup Swanger met doodslag en moord… Tog: nie moeilik om te verstaan, As jy glo in God se Woord… Dat vrede wel kan bestaan Sou jy net uitstort jou nood… © Marlene Erasmus 23/06/2016
Resensie: BROOKLYN – ‘n Liefde tussen twee Wêrelde, die film,
Die film, BROOKLYN – ‘n liefde tussen twee wêrelde Die vyftigerjare in Ierland was besonders onaangenaam. Werk was skaars en die vooruitsigte minimaal. Die suster van die opgeskote meisie, Ellis, reël met die hulp van Pater Flood in New York haar emigrasie na Amerika, waar sy hoop om beter te kan lewe en perdalks ‘n […]
My bastion
in die donker dae toe my asem stom (soos kameelboggels) in my oë gehang het, het jou omgee en stil verstaan soos ‘n Josefskleed om my gevou toe die aasvoëls se aanhoudende gepik my uitmekaar wou skeur en hadidas se stemme my mal wou maak het jy ystermure om my broosheid gebou deur stormwinde wat […]