My boekanier
op die wieke van ‘n boekanierskip is my liefde deur jou gekaap daagliks hang flenter emosies aan die mas vleg lint en brokaat ragfyn deur my gedagtelyn wapper jou ruwe seerower dors op elke asemteug wat klop-klop in die holte van my bors op soet klanke van ‘n vroetelwind wat dwelm en bottelnek trek en […]
Die T-SJÛÛTMAN se DOGTER
Die T-Sjûûtman se Dogter Ek wou iets by die t-sjûût-drukker hê, en in die wagtyd het ons oor ons Afrika-ondervindings gesels: Hy’t vertel dat sy dogter en haar man met ‘n ander paar in Suid-Afrika op vakansie was. Die laaste aand wou die twee vroue saam girl’s night out sonder die mans vier. Die twee […]
Krag van die GEBED — Stefan von Jankovich
Krag van die Gebed SIELESALF: Ene Stefan von Jankowich het vertel van ‘n motorongeluk toe hy in Switserland was. Dit was so erg dat hy daarna ses maande lank in koma gelê het. ☼ Dit was ‘n heerlike dag en die pad was glad, taamlik gerade en oop. Die bestuurder druk die pedaal op 110 […]
Jan Hellebard se begrafnis
Jan Hellebard se begrafnis ‘n Vrou op ‘n e-fiets kom stadig die bult uitgery tot by die sydeur van die kapèl, leun dit teen die muur en stap sonder links of regs kyk by die sydeur in. ☼ Ons is nie baie rougaste in die klein noorweegse bergdorpie nie, ofskoon almal wat kan kom teenwoordig […]
MOABIT, Berlyn
MOABIT, Berlyn Meneer M, ons wiskunde-onderwyser, het volgende staaltjie oor meneer L, ons langjarige chemie- en bio-onderwyser, vertel. ☼ Eers moet ek bietjie agtergrond gee. Dit gaan ook om meneer W, eerste voorsitter van ons Verband na die oorlog. Hy was daarvoor bekend dat hy, toe hy in die klas gebrul het, sy mond op […]
RESENSIE: BAL, Heuning, die film
Resensie: BAL, die Film Gewoonlik vang mens in ‘n reeks met die oudste kapitel aan, dit wat as eerste gebeur het. Hierdie film, die derde, beskryf die kindheid van iemand wie se lewe as volwassene al verfilm is. ☼ [BAL (Heuning); 2010; regie, boek: Semih Kaplanoğlu, met Bora Altas as Jusuf, die kind, Turkye/Duitsland] ☼ […]
DIE KEISER SE HOENDER
DIE KEISER SE HOENDER Die Keiser het hoenders oor alle ander diere liefgehad. Dit was ,sy dier’, en hy wou graag ‘n afbeelding van sy geliefde dier hê. Daar laat roep hy die beste skilderkunstler in die Ryk en gee hom die opdrag om ‘n hoenderskildery te maak. Die kunstenaar is geëerd, en vra vir […]
Bitterbos
Ek onthou ‘n tyd van volop weiding – genoeg vir al jou skape wat (in oorvloed) meerling lammers lam. Ek onthou die byna purper wolke en jou blydskap oor die waters wat blinkblou stoot verby die oorloop van jou dam. Maar die velde lê nou immervaal. Waar die vleie eens gevloei het kraak die klei. […]
Vriende
vrienskappe is kosbaar soos diepsee pêrels vasgestring in snoere van mooi onthou geeneen van hulle is dieselfde nie maar tog is elkeen in my hart se klop toegevou Party is die kleur van ‘n wilde angelier ander weer die blou van ‘n koringblom gedagtes vloei soos riviere sonder end bly herinneringe aan hul liefde my […]
Ek soek vreugde
Ek Soek Vreugde (Jy moet vrolik wees voor die aangesig van die Here jou God oor alles wat jy jou hand aan slaan) Deut12:18 Ek is moeg vir al die daaglikse ellende van dwelmverslaafdheid, huweliksontrouheid, liefdeloosheid en al die hartseer, afskeid, siekte en dood dag vir dag vir dag vir dag – – – Ek […]