As ek kon kies
het ek vanaand die bankie uitgekies met die blou wolke om my gevou met Jesus aan my sy reg langs my met die stille atmosfeer om ons langs water wat saggies troebel in ons ore terwyl ons stil wees in mekaar se samesyn sal wees vandag is my vriendin begrawe en bid ek vanaand vir […]
AANDAG ALLE INK LEDE- PRYSVERHOGING OP PUBLIKASIEREG
Soos alles in die lewe word alles duurder en het ons internetverskaffer “Hosting” maatskappy die tariewe opgestoot. Ink het so lank as moontlik (amper 6 jaar) die onkoste probeer kussing maar is nou genoop om die maand tariewe met R10 te verhoog NA R60 per maand. Vir ‘n uiteensetting klik asb op die AANSLUITINGSOPSIES om […]
Junie 2021 – Interteksualtiteit projek – Uitslae en kommentaar
WENNERS: Baie geluk aan hierdie 9 lede! GEDIGTE GOUD No 10 – Andries Fourie met My taal No 8 – Caren Kearley met Interteksuele uitdaging No 2 – Anzè Bezuidenhout met My volk my taal SILWER No 5 – Driekie Grobler met Taalstryd No 12 – Annemarie van der Merwe met Petisiepeloton No 11 – […]
Soos mis voor die wolke
‘n jarelange vriendskap en eensklaps is alles stil wanneer weet ons nie gerigte is hul het jou opgeneem in die ICU is jy nou al vir twee weke geen oproep, geen terugkom soos nuut net weer verdwyn vriendin jy is in my hart dit lê erg swaar hier binne waar dit saak maak gereeld het […]
Augustus 2021 – As die blare val projek
Beste INKers Hierdie maand het die projek ‘n gestruktureerde ondertoon, maar geensins streng nie. Die projek hierdie maand het slegs ‘n onderwerp en geen verdere voorskrifte nie. Die tema is “As die blare val…” GEDIGTE: Skryf ‘n gedig in geen voorgestelde vorm maar maak gebruik van die tema “As die blare val…” Dit hoef nie […]
Eie Belang
voor gesels vriendskap of oorlog begin wat is jou naam ou maat? oë flikker toe oop in onkunde die antwoord is klanke die naam verlore lag en praat die dag se bestaan vermy die naam die sluitel is net vir jou belangrik
Julie 2021 – OOP projek
Beste INKers Ná wat blyk ‘n moeilike oefening in Intertekstualiteit was, in ons vorige projek, sal ‘n oop projek seker verwelkom word. Hierdie maand is die projek dus ‘n instruksielose oefening. Daar is geen reëls aangaande struktuur, tema, lengte of andersins nie. Dit geld vir al die afdelings. Al wat ek kan sê is: lekker […]
Uitslae en kommentaar Mei 2021 – OOP projek
Baie geluk aan hierdie 14 lede! GEDIGTE: GOUD: 1STE: No 25 Andries Fourie (Seirdna) met Wroeging van ‘n talentvolle skrywer 2DE: No 24 Andries Fourie (Seirdna) met Erfenis (‘n Gedig aan ons land) 3DE: No 22 Anzè Bezui
Junie 2021 – Intertekstualiteit projek
Beste INKers Hierdie maand gaan ons “intertekstualiteit” ondersoek. Ek het met opset hierop besluit om die belangrikheid te belig van die norme en standaarde aangaande die gebruik van brontekse om nuwe werk te skep. Daar is ‘n morele verantwoordelikheid om altyd genoegsame vermelding te maak van andere se werk indien ons daaruit aanhaal of enige […]