Aangename kennis
Herfsblaar is my naam winterson se somerskind wat snags sterre pluk. © 2018 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Salon c’ést Moi
Dis ‘n Brazillian (nie wax nie, lol) blinkend styl is in die kol ‘n goudblond bob getoor uit gryse stekels foil met Shrek wat terugblik uit die spieël ook my ma se kyk en oudword kieste ‘n skramse flitse tob probeer ek mis – recoil En binne las extentions lokkerig gebondel-braid soos slange van Medusa […]
‘n Raaiselagtige vrou
ʼn Raaiselagtige vrou Haar woorde is min net haar dagboek weet waar het alles begin. Waar ink op blaaie geheime besin, is haar woorde in raaisels vir min gegun Kinderlike vreugde skyn deur haar met gedagtes wat sy soos goud bewaar, haar hart bly maak beswaar net gelukkiges sal haar kan verklaar Blou oë blou […]
‘n Vrou van seisoene
i. laasjaar (toe dit lente was) het sy Tulbagh toe gery en sy onthou nog hoe groen die lande was waar die koring en die wingerde gedy die blouberge het – soos altyd – die Boland vol gelê en daar was skape met hul lammers wat teen die rante loop en wei en Aronskelke, wat […]
2 julie 2018 … en die pers heks van Blommeland skryf
My liefling, dit is winter en ek verlang weer, dis maar al – hier vanuit die Kaap waar die reën vanjaar in strome oor die Weskus en die Boland val. Die bitter van die droogte is uiteindelik verby en water stort oor kranse by Jonkershoek, De Doorns en Grabouw. Vol riviere raap nou dooie reste […]
Herfsblom
Herfsblom is my naam in magiese skitterprag om helder te skyn. © Caren Kearley Kopiereg Voorbehou
Solo-kaberet
haar masker het geval; die vertoning het afgeloop latente lewenstrane loop liberaal oor haar wange haar solo sopraan stem het sy opgedra net aan hom haar masker het geval; die vertoning het afgeloop stil-stil blom goudgeel lelies oor die verhoog se planke voor die wit klawers van haar laaste decrescendo klanke haar masker het geval; […]
DIE STORIE VAN ‘N VROU SONDER NAAM
Sy bel my een aand baie laat. Sy vra verskoning daarvoor en val sommer met die deur in die huis. Ek wil vir jou my storie vertel. Ek wil hê jy moet daaroor skryf. Die hele wêreld moet weet daarvan. Ek antwoord half onseker: “Goed. Mag ek sê wie jy is?” · Nee “Mag ek […]
Kookwater
Kookwater, deur Stephan Uys Ek is nie juis ʼn man vir bad nie. Vandag se badjies is nie gemaak vir manne wat hul vroue se spieëls volstaan nie – daar is net nie genoeg plek in die moderne badjies nie. Smaak my hoe droër die Kaap word, hoe kleiner word die baddens, en dan sit […]
Vir ‘n prinses
Goud Punt jou tone teen die blou; kyk hoe lief die winde jou voete wat soms kaal is en soms hoëhakskoene dra. En sou ’n prins jou ooit kom vra om sy goue ring te dra – soek diamante in sy oë, vra hom of hy glo in die liefde, of hy omgee vir die […]