Hande
Teer genade hande Bring Liefde in aanraking Breek die uurglas van die verlede ‘n Verlede in die niet vergaan Groot stewige hande Bring Liefde in omarming Hou die uurglas van die toekoms ‘n Toekoms van saamstaan Sagte gerimpelde hande Bring Liefde in berading Dra die uurglas van hoop Hoop van ‘n nuwe bestaan Saamgehoude hande […]
Vra
“Vra en vir jou sal gegee word” Ek vra en vra en kry niks “Vra is vry en weier daarby” Ek staan met leë hande “Moet nooit ophou vra” Wat moet ek leer? “Vra volgens Sy Wil” Hoe moet ek tog weet? “Alles volgens Sy plan” Waarom vra ek dan nog? “Niemand is so doof […]
Die lied van ‘n ligtekooi-silwer
soms kom dood uit ‘n dieper plek ‘n aanspraak maak tot die oppervlak want ‘n masker is soos ‘n skadu iets wat innerlik nie kan verval vlerkloos wou sy vlieg waar die stilte vergaan in ‘n spieelblou maan ‘n kruis teen die muur paasoffers van plesier soos die stilte vergaan O’ Jerusalem het sy haar […]
In Ocean Basket (SILWER)
In Ocean Basket Sushi is vis. Dood en rou. So ook jy en my verlange na jou. Ek eet alleen aan die groen goed met die naam wat ek altyd vergeet. Dit slaan my asem weg en brand ‘n pad af in my keel: amper so intens as die seer om te weet dat ek […]
Skemer Drome
Jy laat my ‘n klipsteen stoep bou een met ‘n tafel en ‘n dubbel bankie onder ‘n groen druiweprieel met gekartelde potplante ‒ hier en daar vol Kalahari kaktusse en bonsai boompies een met ‘n borrelende fontein en die fyn geur van onsterflikheid een wat uitloop op ‘n gryspad tot onder ‘n Jakaranda boom waar […]
Help my!
Help my! Lilly staan voor die houthut, kruis haar arms en vryf koulik oor haar bo-arms. Sy voel baie onrustig oor die erge sneeustorm wat aan die broei is. Sy besluit om eerder terug te keer na die houthut waar sy al vir die afgelope vyf jaar woon. Nie eers die hitte van die vuur […]
Woordmaker (Silwer)
op my werkstafel uitgestal lê vele wroeggende woordskatte subtiel oorweeg en uitgesoek maar heellaas, te lig bevind voorbeelde van diamant, robyn en saffier fyn geslyp, afgerond en blink poleer geklassifiseer as kosbare woordjuwele geïnspireer deur meesters van weleer ek wonder of ek ook beskik oor dáárdie skeppingsvaardigheid om skoonheid en duursaamheid in blywende woordjuwele te […]
My brief vir jou. (BRONS)
My brief vir jou. In die tye waarin ons leef, kan ek jou vinnig kontak op e-pos of sommer ʼn sms na jou stuur. Dit is egter nie die manier hoe ek vandag met jou kontak wil maak nie. Nee, ek gaan vir jou skryf – ʼn regte brief met my kalligrafie-pen op my mooiste […]
Aan Freesia
Soveel as my lieflike hart kon verlang, wil ek blomme in beddinkies vir haar uitplant vérweg saam haar stap op ‘n wydlopige blinkogiespad; hand aan hand. Zebulon Kochk Zebbiekaans (Brons)