My Liebestraum
My Liebestraum In jou het ek my Liebestraum gevind en ek speel die liefdesdroom net vir jou en mag ek nooit ontnugter ontwaak met my droom dalk bloot fiktief nie, maar jy is tasbaar daar as ek gaan slaap, en jy is tasbaar daar as ek ontwaak— Jy is my lewensasem en naelstring wat my […]
Blameer die Lente
Ma, ek was nie dronk nie. Die lente was in die lug. Die wind was in my hare, die see en die sand en die sout. Die son was teen my rug en ek onthou (na soveel jare) dat ek wou dans . . . * Ma, daar was ‘n tafel in jou huis in […]
Die geur van kaneel
Ek het gisteraand tot watter tyd van die nag melktert gebak, die ware Jacob. Hedendaagse melktert proe mos ene plastiek, melerig, te skerp gegeur met amandel ekstrak en wie weet wat nog. Die oumense vanmelewe het nie sulke fênsie geurmiddels gehad op die plase nie. Daar het boervroue nog plan gemaak met natuurlike geurmiddels verkrygbaar […]
Lente kom op 4 September
Een oggend word jy wakker in ‘n dorp soos Brackenfell en September’s in jou are, jy voel dit tintel teen jou vel. In die donker staan jou doringboom en skilferbas* geel ryspapier. Die eerste voël sing lankal reeds, skamele minute net na vier. Buite flikkerskitter sterre, laat hul lig op golwe dans en salig […]
Hartseer en Verlange
Hartseer en Verlange Jy luister in die nag hoe die alleenjakkals se roep na sy maat op die aandlug aangeswewe kom en dan oorspoel so ‘n naamlose hartseer en heimwee jou soos in ‘n oerverlange na alles wat was en nie meer is nie, en tesame is dit ‘n kumulatiewe verlies lankal reeds aan die […]
Ek wens … {dat wense waar word} …
ek wens ek het geweet ek wens ek het verstaan ek wens ek kon sin maak waaroor alles gaan ek wens ek was ‘n siener ek wens ek was ‘n iets ek wens ek kon reënboog toe ry op ‘n tandem fiets ek wens daar was ‘n uitweg ek wens daar was net raad ek […]
Nag’kringe
Van hier tot daar lê ‘n pad sonder ophou en ń nagtegaal se roep wat my in die nag wakker hou Hy soek die swart stilte in elke donker hoek selfs wanneer die maan sy strale teruggooi sal hy aanhou roep My drome en….die nag! wat om my toevou huig ek na ou sinne waar […]
Liefde is Soos ‘n Potplantjie
Liefde is Soos ‘n Potplantjie Liefde is soos ‘n afhanklike potplantjie wat gedurig aandag verg en water en plantkos vra op sy tyd om mooi vars en gesond te lyk, maar almal vra nie soveel water en plantkos nie want hul wortels sal vrot— So is die brose liefde afhanklik van al die liefdesblykies om […]
Vir die seerstes onder ons
Waar die sand aanwaai – vanuit daardie rigting, lê die dorpe Triviaal en Uitoorleg. Teen die doerste oewer staan my raad, vir jou, in pluim droog vanoggend die traan; die son het laat weet hy wil in jou oë blink en nié prisma deur die troebel van seerwater nie. Waar die droogte sweep – vanuit […]
Seisoen in jou lag
Jou siel vergeet die pyn van gister wanneer ‘n lente bloeisel saggies kreun in jou hand In die kring van jou lag is die mooiste mooi dit tyt in my ore oor skoonheid en somer Het jy saggies met jou lippe my soet soeter soetste wens vervul