As vuurtonge oor my wange lek
Terwyl ek die dunhout liggies aanvuur met fluisters uit my longe, wonder ek hoeveel kaggelvure ek al deur geleef het, knetters gebreek en tot as sien verpulwer het. Soms voel dit asof ek in ‘n ewige winter gekerker is. Snywinde wat keep teen die mure van my huis voel ewe tuis in die lugleegte van […]
Brysende saad
die sonneblom van my histerie blom in ‘n oerwoud van verotte seegras die bewering dat my hart groen bloed pomp laat my soek in gras vir bewys van saad soos twee vulkane lê die torings van Babilon gereed om te ontplof en wit lawa te spuit en in die sloot van verderf rooi klonte van […]
Nogtans Sal Ek Juig
Nogtans Sal Ek Juig Ek sit vanoggend dankbaar met rus en vrede in my hart temidde van moeilike uitmergelende droogtetye en die al leërwordende damme en riviere verskroeide gesaaides en versengende hitte mens en dier verdors dit het nie oral gereën nie— Maar soos Habakuk juig ek nogtans tot Hom al bot die vyeboom nie […]
Groen sag en broos
Soos ‘n stil skim staan hy daar wat iets moois of tydloos probeer vasgryp Gulsig steek die boom sy takkerige hande uit na die son en voel hoe warmte deur sy droë wortels stroom O soete lente kom les my dors met jou sagte reên bedek my bas met lower groen Ontwakend bloei dit bly […]
Baksjiesj
Baksjiesj Die jong geslag eis bakhand alles verniet en aan owerhede word ultimatums gestel en wat die ouer garde uitermate ontstel is hul oneerbiedige aggressiewe hiet en gebied— Hulle toyi toyi dreunsang baksjiesj vir klasgeld verniet met weinig begrip van die land se ekonomiese bestel en so speel hulle ‘n gevaarlike kortsigtige spel wat geen […]
Wenners van die Liefde vir Afrikaans projek
Gedigte afdeling: 1.DEEL – Mariska Smit met Penastrofie EN Viooltjie met Ek ken ‘n taal 2.DEEL – Anzé Bezuidenhout met Kleurvolle Josefskleed EN Cornien met My trots my taal 3. Agie met Hartstaal Rubrieke afdeling: 1.Vonnie met Sy huppel soos ‘n wafferse ballerina! Verhale afdeling: 1.Adri A met Lentedag-ode aan Arno Baie geluk aan hierdie […]
Saphira se Nagmerrie
Saphira maak haar oë oop. Alles om haar is in grys-blou lig. Die maan flikker agter grys-pers wolke wat vinnig verby dit beweeg. Die Feëtjie Hond ril. Voor haar is ‘n grys steenpoort tussen donker grys klipmure waarop rankplante met grys-groen blare groei. Agter en langs Saphira is alles net swart niks. Sy asem diep […]
Lentereën
Waar die hemel eindig en die aarde begin, waar jy nie is nie maar waar ek jou kan sien en die sterre die weg aanwys vertoon jy jou, om trots die begin van ewigheid aan te dui. Met ‘n tranedal bring jy hoop vir die toekoms, met ‘n gebrul en gedonder prys jy die Heer […]
JESUS EN DIE KINDERTJIES (Matt 7 – Matt 9)
“Weet julle wat sal vir my baie lekker wees?” “Hoe sal ons weet?” vra die kleinste enetjie onder die groepie kinders wat rustig onder die boom speel. “My grooste begeerte is om eendag op Jesus se skoot te sit en om in sy oë te kyk. Het julle al die liefde in sy oë gesien?” […]
Lente Ontwaking
Na ń koue winter slaap Ontwaak bome, blom en gras. Heerlike lenteweer laat als groei met nuwe krag. My gees ontwaak na ń koue winter slaap. God se warm liefde laat koue wyk. Groeikrag vul my hart met nuwe lewenslus. Bome, blomme, gras en harte herleef jubelend God se herlewings krag. Hy sê kyk “Ek […]