Jou mening is belangrik
Om verwarring uit te skakel, word daar aan die omskrywing van enkele begrippe wat van ander se mening verskil …. op vertroue in eie krag, kennis, vernuf en tegniek gebaseer. Eerlike opinie en eie sienswyse oor sake, om eie inisiatief aan die dag te lê. Mense is … en kom soms vorendag met einaardige maniere, […]
VISUELES IN DIE LETTERKUNDE — geblus
Is nie meer nie!Dis mos geblus. Lees liewer SIGBARES IN DIE LETTERKUNDE. DIS DIE NUWE WEERGAWE! ©1e.Februarie2019_____…ooÖoo…___________________tje
Dampraatjies
“Wag, ek moet julle díé vertel.” groet Hettie Welgemoed haar kletsvrinne. Sy is skoon uitasem van die vinnig stap na die bankie onder die wilgerboom by die eendedam. Dis Saterdag-agtermiddag, en die kletsvrinne kom oudergewoonte bymekaar om nuus uit te ruil oor ʼn glasie wyn of iets. Hulle kuier wel heeldag en aldag oor en […]
SONSTREPIES EN HEROLIEFNES
SONSTREPIES EN HEROLIEFNES Sit hier by my seselwers en dink daaraan om per dalks eendag se anderdag weer hare te kleur; enne toe onthou ek sommer dwars uit die bloute uit van KleinBas en Mildrid, die Hemekoei met die sonstrepies in haar kuif. Dit kan seker vervelige woordemaak wees vir jou om te lees; maar…… […]
Weer
Ek krimp fetaal onder jou blik wat woede uitstraal, voor jou dreiging wat spektraal vlermuisagtig oor my hang, Ek is stukkend, bloederig bang vir sonde, vir die mense, vir my malheid, vir my té wees, vir die Heer se oordeel, vir my skyn, vir my leuens, my skuld, my éie oordeel, my wil en hardkoppigheid, […]
sosemoer
dit was nie soos ‘n sny nie met genadige verdowing netjies, skerp gekant na skoon uitbloei en ontsmetting net vasgenaai met verband toegedraai dit was ‘n rou verskeur oopruk, kou, verkrag van ‘n hele wese dit is stukkend en dit sweer alles weer veretter en bly seer © Charleine Collins 10 Maart 2019
Violet Jansen*
(Goud) Violet Jansen, het jy maar jou pa gaan soek voor daglig sou faal kon jy hom dalk vind – jou Majola; het jy nooit soos ’n blinde verdwaal skaarsagt Violet Jansen lê dood in Agter-Ceres se winterveld krom arms en fetusskoot – onskuld verkluim deur geweld Violet Jansen, die winterkoue kruip nader oor die […]
Pop song (Silwer)
Ek is die pop, die plastiekpop, die niks-meer-voel se opblaaspop. Dood en op en leeg vol asem blaas ek nog net koolsuurwasem gee ek die supply en plekke vir jou salige stuiptrekke is ek verlengstuk lyf van jou, soos die bakarm wat my klou. Iewers by ‘n sykant naatjie suisfluit pyn ‘n piepklein gaatjie, en […]
HERINNERING
HERINNERING Nog self maar kind toe liefde bloei en wortelskiet diep in my wese my buik en borste maanrond groei tog ingegrens fladder nuwe vrese. Laggend om my, geliefdes vrolik sagte geskenkies en piepklein kleertjies onsekerheid wat onderlangs ver-olik ongeduld voelbaar in die voeteveertjies. Maar toe was alles vreeslik deurmekaar… skreeuende jaagtog deur die stille […]
STRIKVRAAG
Kan jy steeds snags in sy arms lê en my die vreugde van jou hart ontsê of kan jy regtig sê jou hart is myne al is jou liggaam aand vir aand nog syne? ©Anton Bosch 08/03/2019