Batman-mag
Batman-mag. Hoe sien jy nie uit na daardie togadag, Spoggend en magtig, Selfvertroue -dit het ek wragtig! Swaar hang dit Soos n mantel vir jou opponent en wag…. Met die wette en artikels het jy Al die mag- Wat is mag?kennis of geld?of is geld jou volmag? Vinnig vinnig leer jy dat daar is niks […]
Chucky herleef in 2019
Vandag, vir die eerste keer in my ganse lewe, was ek bang vir ʼn kind. Daardie verlammende vrees wat so stadig oor mens kruip tot jou spiere heeltemal lam word. My bloed het yskoud en dik in my are gevloei en hoendervleis het van my bene al boontoe gekruip. Of dit sy houding, gesigsuitdrukking of […]
Kaalvoet vlug
Wanneer die ‘silver linings’ grys skakeer Vlug ek na die maan om my trane te keer Swem ek op die rug van die wind Verbeel my ek is maar net weer ‘n kind op ‘n verlate strand staar na die see se blou verskuilend in die nag se donker klou ek’s die meisie in die […]
Die Afkop Sonneblom
Die son skyn heerlik warm buite toe Louise besluit om by haar pa op die plot te gaan kuier. Haar pa bly al vir die laaste vyf jaar alleen op die plot buite Pretoria en sy besoek hom elke tweede week van die maand. Sy is baie lief vir haar pa en hou daarvan om […]
man van die Aldam
man van die Aldam man van die Aldam heerser was jy oor die dam en reservaat jy het vir my elke nuwe dagbreek gewys al die nuwe name van plant dier het jy my geleer totaal vreemd van klank die plante bokke en voëls jy was soms ergerlik en laggend het jy tog herhaal jy […]
Die legkaart
Die legkaart Sy staar na die legkaart. Iets is nie reg nie. Dis duidelik dat dit op die tafel geplaas is om die wagtende pasiënte en besoekers besig te hou. Daar is egter geen prentjie van hoe die voltooide stuk moet lyk nie. Knip haar oë, kyk weer. Die stukkies lê steeds deurmekaar oor die […]
Reddingspan
Kom Boetie, kom en maak tog gou ek sluit die kamerdeur! Sy vrees die rook wat hul omvou … die bekende dagga geur. Sy is nog net tienjaar oud en hy word eersdaags ses, maar sy is deeglik ingesout, ken elk oorlewingsles. Kom, Boetie, kom, kruip gou hierin, jy’s veilig in die kas. As hul […]
Drie Broers
Eendag, nie so baie lank gelede nie, was daar drie boeties, Walter, Werner en Wouter. Hulle het saam met Pa en Ma gewoon in ʼn baksteen huisie in die middeldeel van die dorp. Soos die verloop van die lewe is, maak die oudste boetie, Walter, klaar met skool en moet hy die wye wêreld aandurf […]
Ligte
Sy droom in wit en swart. Dit is die enigste manier om deur ‘n dag op die kleurvolle mallemeule te kom. In haar drome is die wêreld in perfekte kontras. ‘n Wit-en-swart hoender kan selfs twee verskillende hoenders wees as die lig net reg val. Sy skrik wakker toe die swart kat wat haar drome […]
Hamlet
Hamlet Ek stap ongeërg die kerkie binne en beland eensklaps binne-in ʼn sprokie. Die hemelse klanke van Bach se orrelfuga tref my. In die paadjie kom ʼn bruid in ʼn sneeuwit kant-trourok aangesweef, op pad deur toe. Konfetti warrel nog in die ligte windjie rond, op soek na ’n onskuldige skouer of haarlok. Haar hand […]