Aswoensdag
Lydenstyd 2018 Aswoensdag Met die terugstap voel-voel ek aan die askruis teen my voorkop en my oog gly deur die somber lug tot waar die rivier se kronkels wegraak in die son se laaste lig Moreoggend, weet ek, sal die mis weer optrek en die rivierloop duidelik uitkarteer Ek sal dit volg, soos Virgilius, wat […]
Ondersoek
Driftig stap ek deur die mynvelde van jou kinderdae, om nog ‘n week beenaf en sielsiek te begin Germolene salf smeer aan verskeurde vleis. Met ‘n glimlag om gesig vageklem In dorre velde soek ons met blinde oe en waterwyser stok Om die oorspong van ons pyniging te vind. Terwyl winde moeg fluister “dis nie […]
Hierie Land (rap)
In elke dorp en elke straat het iemand al hierrie land verlaat moet ek bly of moet ek gly ek wetie my broe’ sê jy vi’ my wie in hierrie land is genuine vry die crime is kwaai issie sad truth daai wat die gove’ment steel word met hul pelle gedeel hulle ry met hulle […]
Die Reënroeper bring hoop
vandag loop die springbokooi kop omlaag snuiwend na opgedroogde vog en onder die Kameeldoringboom herkou die gemsbok moeg met stofdeurdrenkte speeksel die verdwaalde omkrulpeule in hoop vir nuwe krag daar waar die duine se rooibruinstof dwarrels draai sterf die dag van hitteuitputting en tot die gecko verdwaal op sy spoor iewers tuur ‘n Godsman na […]
MOEG
Wil Facebook al weer weet: What’s on your mind? Ek is so flippen besig dat ek al vergeet het ek HET ‘n mind!! Ek was vloere, ek kook, ek was wasgoed Ek raas omdat die skoon goed nie weg gepak word nie Ek moun oor vuil kamers Ek was skottelgoed, ek kook Ek verduidelik Wiskunde […]
EK WIL
Ek wil stadig soos stroop oor die landskap van jou lyf afloop en met my klewerige soetigheid al jou weerstand van jou stroop. Ek wil aan elke kurwe van jou lyf vasklou tot jy geen deel van jou van my weerhou. Ek wil saam met jou oor die rand van ekstase stort in daardie stromagtige […]
Die drie F’s
Dit weergalm oor die vlakte. Fatima verskree haar verslonste tienerseuns. Sy het haar weer oorgegee aan ’n kruie zol en is verergd omdat hulle durf kos vra. “Al wat julle wil doen, is vreet! Kyk hoe lyk hierdie varkhok. Van vandag af sal daar eers kos wees as julle ook geld inbring. Julle drie lummels […]
Die geheim van die woud
Eendag was daar ‘n arm man en sy vrou wat in die woud gebly het met twee kinders, die een kind se naam was Klaas en die ander een Hermien. Een aand besluit die man om sy kinders in die woud in te vat en hulle daar te los, dis te moeilik om vir almal […]
alles in gedagtes
op my duin is daar ‘n wil agter die golwe se deining in die wind se woelings-krag deur sonstrale wat verskroei in my gedagtes is daar ‘n wil agter elke droom vlietende krag woorde wat tuimelend uitstorm sinne wat plof op papier en set in my gedrag is daar ‘n wil om te besluit oor […]