rooi stewels (BRONS)
rooi stewels donker donderwolke dreun dansend terwyl die bliksemstrale boosaardig blits klap-klap kletter haelkorrels op die sinkdak en die aarde staan stil stom verdwaas vasteland lê uitgestrek in dor droë vlaktes as die hemele oopskeur in vlae verligting reën sak sissend neer uit wandelende wolke die uitkoms van reën is die aarde se balsem met […]
nuwe seisoen (BRONS)
die winterwind suis sag deur die Witkaree terwyl die seisoen stadig besig is om te draai na warmer dae waar sonbesies skril tjir-tjir en so agtergrondmusiek sal maak vir ons die verdorde veld verdroog deur winterkou ontwaak gaap-gaap deur vleigrasse vaal as lentelug giggelgeurig deur die veld speel weerklank die lied van ʼn nuwe seisoen […]
Ver weg van die stad se geraas
Woordtelling 482 Stergradering Silwer Dit was die geskree-gesprek tussen politikusse wat my moertjie net nog ʼn fraksie stywer laat draai het. Hubby kan nie sonder RSG se Monitor program klaarkom nie en ek is al vergete dik vir die onophoudelike Corona verslaggewing – so al asof daar niks anders in die wêreld gebeur nie. Daagliks […]
drink
blomme vloei uit die aarde want die grond het die reën gedrink wat die aarde absorbeer het gee hy weer in die mooiste van lieflike kleur en geur my duin steek af teen die wonder van kleure van groen tot leur van reuke onbeskryflik fyn en insekte wat weer leer hoe om vergete nektar te […]
Tyd se woeste wysers
As die wêreld kom en hy tol my op tyd se woeste wysers rond vasgevang in die dag jaag my denke snags rond verlore in mallemeule dag wie sal my help wie sal meevoel wie sal tyd se wysers vashou die son het gesak nag gooi haar kleed oor my en sterre knipoog glimlaggend met […]
klein-seer hartseer
wanneer suid-ooster waai en die son oor my duin verskraal krimp my hart inmekaar van seer al is daar geen pyn of leed geluid laat my assosieer elke bos jeugdige hare waai skeef en krom so ysig laat gesiggie opkrimp in ‘n plooi blosend sonder enige skaam verlang jy na warm kooi wanneer jammer wees […]
IMMUNITEIT en KWARANTYN Deel 3
IMMUNITEIT en KWARANTYN Deel 3 Hoe gaan dit nou lyk wanneer die wêreldwye doodbringende, besmetlike siekte verby is? Wat gaan oorbly? Sewe, miskien ses miljiard mense met vrolike gemoed wat optimisties in die toekoms kyk? ‘m Wêreld met drie of vier miljard stinkende lyke wat opgeruim moet word? ‘n Geselskap met infrastruktuur wat werk, […]
Vrybuiter
My kind, jou hands ruik íena groen sambreelboomblare daar’s baard op jou are en vuurhoutjies in jou hare Ma, hy’t eers fyn tabakblare met sy dik vingers afgestroop stadig sy handgerolde zol gerook en daarna met sy swart selotape my rooi lipstiffie gespoil hy’t my niks betaal vir my sexual toil.
Terapeuties
Die voël is my boom op ñ palmtak fladderstrooi haar vere rond en met gesmoorde toon (tjirp-tjirp) gee my kittelorige hart tintelinge van blydskap later kom pronk sy haar rooibors op my perskepitvloer sy flap haar vlerke teatraal en sing note in gekuiste taal skielik kom sit sy op my berghoë hare en soos ek […]
Hoëveld Staal
voor lê die hoë veld, oor die groot draak se rug maak die lae veld lug vir ons land. ń koorsblaar met oop wonde met rook van staalvuur in die middel grond. in die agtergrond lê handels en regerings stede besig met verbetering vir lewens gemak. langs die Witbank pad met suur water oë ń […]