EK IS – (goud)
Ek is die seemeeu; speels in die wind ek is die brander wat met laagwater hoog wil vlieg en soms is ek die klank van jou stem ek is die aand saam met jou onder die palms toe ons nog kon lag en borrelhartig baljaar maar vanaand is ek die stilte in jou gister se […]
Bloedmaan-Karoo
op ’n ander Karoonag het die maan bloed gebloei; roes het haar wang in die donker gegloei wat is dit dan aan die maan en haar lig – sy heel jou, sy breek jou sy word ’n gedig wat binne jou sluimer en wag op ’n woord wat jou siel met jou sinne laat rym […]
Die Skildery
Die wals is bittersoet soos klawer note wat hang tussen donkerwit verwisselling om die ballingskap te verbreek van drogbeelde wat effelings mor- ‘n Gevangene ontsnap in refrein: ‘’dis jou dissipel wat roep” Eikehoutblare dans veerlig saam die ritselende wind bruingeel, skakeer hulleself oor die groendou gras- Met ‘n naak-wit-vel is jou gif, die swartbloed wat […]
Onman
My Vaderlandsgrond het modder aan ‘n strooilat geword – soveel toutrek en stry oor baaswees en besitreg het ontaard in ‘n woesterny. Die hand wat met liefde saai word genadeloos, berekend afgemaai – die voedingshand wat swoeg van vroeg tot laat vertrap in vergeldingsmaad. My mond word gesnoer stom en verbaas al skree my wese […]
Musiek in my ore. (BRONS)
Musiek in my ore. As die stad se rumoer vir my te veel word, is ek eensklaps weer die standerdses dogter agter op ʼn sleepwa in Keetmanshoop se stofstrate. Soos elke jaar met die aanbreek van Lente is almal in vrolike klere al singende die strate in. Ieder en elk is gegroet en soos net […]
HEERLIKE DAG BY DIE SEE
HEERLIKE DAG BY DIE SEE (Brons) teen die kus vind my siel rus in die kabbel en klots van die branders teen die rots dis wat die swaarheid blus kort daarna behou ons die hitte in ons eers koue litte met die vuur wat naby ons hardop knetter en die hout wat in ons ore […]
WANNEER DIE SWAAR VERANDER IN SOET
WANNEER DIE SWAAR VERANDER IN SOET Vandag was ‘n lang dag. Ek hoor steeds die zoem zoem van mens en karre en bouery en gepratery om my, diep binne my verstand. My kop klop skoon van kopseer saam my hart wat selfs vinnig pomp. Soos gewoonlik op ‘n koue winters namiddag gaan klim ek in […]
ballade van afgode
uitgekerfde boomstompe verweerde klip stapels berge bome en riviere oermense en barbare aanbid steeds afgode diep gewortelde kwaad stryd tussen twee wêrelde donker wêreld en ligte wêreld onoorbrugbare verskille vreesaanjaende self aanbidding barbaarse uitbarstings onversoenbare oortuigings in eeue was dit nooit oorbrug nuwe wêreld wil dit negeer almal onder een afgod regeer kleure word gebruik […]
klanke
kris kras breek die glas praat profete met die gras hef jul oë nou na bowe onder word jul berowe ©Teárlach