hekel met ‘n kreukel
ouma het my vrou geleer hekel sy hekel tot haar oë ingee daarvan dan begin sy lees en lees tot haar oë brand wanneer sy nie meer die garing in die naald se ogie kan kry nie begin sy kosmaak wanneer dit alles nie meer werk begin sy hekel aan my “jy moet nog dit” […]
Wegkruip
die laaste rak in dolle winkel geskarrel ń wegkruip plek agter boeke. ń dowwe gemoed vind sagte krag in stories by die boeke plek. die dampkring van muf wat in my neus ń tuiste vind vul my. wysheid oor jare verwoord staan hier vasgevang in rakke met die reuk van papier. in rooibruin leer gebind […]
Mielies
geoes van stof land lê puisie ryp mieliepit ontsnap van staalbak verlore langs ń grondpad. duisende ander maters dans in geel massa trok met bakkies in silo op om stil te word. die stilte meule oop breek die geel familie in energie bron om te verteer tot gas. verlore in vlak grond wagtend op vog […]
Vêrgenoeg
Daar aan die anderkant van stil en weet lê ‘n vêr uitgestrekte land met ‘n groendal-dal wat saam die vroeë misstemme roer is ‘n plaas genaamd Vêrgenoeg- die ou-ossewa spook van ‘n ou-geskroeide boer van ‘n ou-verskroeideland, van bloed en sweet vir leef en laat leef van droom en nooit vergeet; ‘n John Deere trekker […]
Skiet skiet
in gebiede waar bekende gesigte blitse skiet wat mure skand om doodeenvoudig eerste te slaan. dit is nie wraak geplant in ń kinder hart wat die sneller trek dis sonder motivering in my hart. dan is die strate verlate met gate in die stad wande en torre wat morsig onder omstoot mure soek. ek kuier […]
strategies ontmagtiging
sou aarde bewe my duin se basis diep onder verskuif sal ek dit nie agterkom sal ek die beweging sien of sal dit maar net verander sonder dat ek dit beleef alles wat strategies en stadig verhit word moeilik waar geneem so word plant en dier geneties gemanipuleer so kom dieselfde lot onomkeerbaar vir die […]