Die horrie-piep aanval. (BRONS)
Die skool het gesluit en soos ons gesin se tradisie is, word die kwartaal se afsluiting met ʼn besoek aan ons plaaslike Wimpy gevier. Ons gaan die skoolvakansie behoorlik inwy. “Nooi paar van jou vriende,” is my ma se woorde soos soete klank in my ore. Stiptelik om drie kry ons mekaar en geselsend neem […]
Geraas in die agtergrond
Woordtelling 1017 Stergradering Silwer Van die kleinste insek tot die grootste land- en seedier sowel as elke mens, word beïnvloed deur die klanke van ons omgewing. Maar te veel of te harde geraas is nadelig vir elkeen wat onwillekeurig daarna moet luister. Dit beïnvloed alledaagse aktiwiteite soos slaap, kommunikasie, stresvlakke en selfs voortplanting. Almal reageer […]
Winterwals
met winter se wilde winde ruk-en-rol sy ysige wals waar hy om die hoekie kla oor die sware las wat hy moet dra windpomp huil tjir-tjoer, tjir-tjoer oor die somer se droogte wat hy moes aanskou terwyl die reën in seënstrome neer veer winter sug moedeloos en smyt sy sneeujas op ’n bondel neer niemand […]
As geluide my irriteer. (BRONS)
As geluide my irriteer. “Ag nee, jy is net onnodig,” moes ek so dikwels hoor. Dan wonder ek: “Is ek regtig onnodig?” Kan ek mense kwalik neem as hulle die opinie van my vorm? Ek kan dit net nie verhelp nie: sekere geluide irriteer my grensloos! Selfs as jong kind aan tafel kon ek sekere […]
Stad Beelde
die sonskyn in ń stad vergrys in beton as foto geleentheid gesien as onvanpas. gesels is moeilikheid drankies word alleen gedrink saam geniet gewoonlik oorlog. slaan neer jou oë wees reg vir geveg slaan hard want dis ń stad.
My geloofsboom
My geloofsboom weerkaats singend ’n aria van bloue baldakyn stoot knoetserige vingers diep in bladaarde se neurie wyl groen dansende blare dor geloofsboom verkoelend uitklouter. © Taai Bonthuys
Tv-kanaal1
Toe Alf op die kassie was kon als in my tassie pas- nou is die kassie groot en plat en my tassie leeg en klein.