Droomland Silwer
saggies trap klaasvakie oor die vensterraam se rand om sy heupe swaai ‘n sakkie vol goue droomland sand tik-tak tik-tak steun oom horlosie op die rak klaasvakie steek sy hand diep binne in sy sak grootoog lê die kleinding onder sagte dons en gaap goue droomland sand gaan hom baie gou laat slaap maanlig gooi […]
Kuiergaste
dis die aansit by ń maaltyd van gesels wat elke mond laat praat. liefde vir geregte is gesetel in gesamentlike menu voorgesit deur geslagte aan elke kant. die gesels is ń lag simphonie die vrede van volmaag satisfaksie. dan draai ń maag van te veel lekker die gesels nou gefoseer in groot privaat nood.
perplexia
hierdie staat waarin ons leef die staat van ontmensende inperkings waartydens owerhede onwettige eise stel onwettige inperkings op organisasies en besighede aanbring tot nadeel van hierdie minderheids groepe kan nie beter opgesom word as ‘n aanhoudende staat van verwarrende wette en onsamehangende optredes van die owerheid ©Teárlach
Verpletter
motor wrakke lê lepel en bo-op mekaar langs main weg almal plus minus uitmekaar. tussen roes vlek staal deur splitter glas agter dowwe plastiek gluur boepens hiëna gulsig na aasvoel kliente. agter vrot bekleedings die armes verpletterd langs mekaar met niks tog trippel hul saam.
vrees
om bang te wees is nie ‘n skande nie wanneer bang wees, vrees word kan dit problematies wees mens verloor nooit vrees vir die dood jou liggaam reageer instinktief op al wat pyne en seer is veral vir die weerlose is vrees baie erg hoe minder voorbereid jy daarop is hoe erger kan jy dalk […]
Steel
in die walm van bestaan staar oë na goed op ander man se stoep as algemene besit. doek gesig vat geld by gesiglose bank wat versekering eis betaal deur ń ander man. steel is ń gemene deler met almal ń bietjie armer dief tydelik ryker met vreemdeling se wraak. skuld beken en restitusie van gesteelde […]
Saartjie se loadshedding Silwer 585 woorde
Dit is vanmôre weer een van daardie dae. Basjan het sy gat behoorlik vir my opgeruk. Ek is mos alewig op ‘n Maandag laat vir werk. Die kantoordeur slaan met ‘n luide ‘kwarrrr’ agter hom toe. Hy doef-doef teen die staaltrappe op terwyl hy binnesmonds mompel. “Verdomde vroumense …” is al wat ek hoor voor […]
Verlange – Silwer klas
Kruidjie-roer-my-nie hoor my lied wanneer ek onbeskaamd my treurlied vir die volmaan neurie en jou blare om my vingers toevou jou takke hang asof jy saam met my ween Kruidjie-roer-my-nie hoor my lied wanneer ek en die Piet-my-vrou vergeefs na ons hartsmaats roep die hartseer note eensaam alleen die doodse stilte verbreek