Bergstroom Lewe
valeie vloei met lewens vog blink teen kranse in vroeë môre lig baba kruipend in die mos. vog slypel oor die groen rots met ontbyt lus kartel meisietjie sag in ń blink kol. water stoot eie paadjie oop stamp gruis een een tiener dom na ń padda dam. water loog in kolkende stroom nael string […]
Kleure in werklikheid
kaviaar ink op swart papier ń merk wat niemand sien. water ink op wit papier ń merk wat vuil vlek. kleure wyn op mens gedrag ń merk wat almal sien. kleure het almal ń bakermat wat geure bring aan hierdie werklikheid.
Nog net een keer, ek daag jou uit
Woordtelling 407 Stergradering Silwer Ugh, as mense weet wat sommige klanke aan my siel doen sal party dit uitbuit en ander dalk meer op hul walglike gewoontes let. My aanvanklike opinie was dat ek net sensitief vir klank is totdat ek gesien het dit het wragtag ʼn naam! Misophonia – ʼn klank-hater. Dalk is haat […]
vit – D in Afrikaans
vandag het ek die son gemelk enkele minute lank wat hy kon skyn sy strale wat deur die wolke kon breek opgeslurp asof in diepe pyn tussen hewige reën sit ek en soek iets warm vir my siel luister ek na my eie taal se klanke dan dans my hart ‘n riel ©Teárlach
krit les
klein kindertjies sit voor my met groot oë bekyk hul my jonk en onervare student moet intree toespraak maak neëntien vier en sestig is dit voor standerd een kinders voel ek my pad na ‘n krater om hul te vertel van ons taal vir hulle is ek ‘n groter boetie slegs twintig geword en groen […]