Godsverlate
(Goud) Die bloukraanvoël het net ’n veer gelos teen die versletevaal ou baksteenmuur (naas die oop deur van ‘n leë wolskuur) tussen doringstruik en granatebos. Net toe die laatson oor die einders blos en skarlakenrooi oor die hemel vuur; toe ’n wolkie stof oor die stil werf stuur het selfs sy oplaas van die grond […]
koue
my duin is koud werklik die grootste eufemisme van hierdie jaar spierwit vries die wit sproei sweef soos ysreën uit wind my liggaam krimp duime longe brand van koue maar leef moet ons die see vra dit die meeue sê dit winter is ook mooi en dalk hard maar, en maar, ja maar somer is […]
Teenstelling
Versugting Deernis Weet jy wie is ek of het ek opgehou bestaan jy het my dan self verwek al verdwyn my naam in die ouderdomswaan al wat jy nou kan onthou is om weer te vergeet totdat jy uiteindelik nie jou of my naam meer weet alles word uit jou geheue gevee sodat ons albei, […]
Die Engele Haal Asem
Vers 1: Jy het my lewe ingestap En die twyfel verander in sekerheid Met jou hier by my Kan ek nie anders as om te glo Vers 2: Jy’s nie sommer maar net Nóg ‘n gewone mens Jy’s soveel meer werd as dit Is hoe ek jou sien Dis hoe ek jou sien Koor: Jy’s […]
Suiwer
Vers 1: Jy is eg en opreg In ‘n wêreld vol van leuens Is dit jou waarheid Wat onveranderd bly Vers 2: Daar is ‘n kind in jou Wat my herinner aan Walt Disney Die onskuld in jou Sien mens nie sommer om ons nie Voor-Koor: Die wêreld is steenkoud Steeds bly jy fluweel In […]
Hulde Aan Ons Helde
Vers 1: Jy het jou ma daar sien staan Met ‘n bruin koevert in die hand En ‘n traan op die wang Sy het stilweg geknak En haar oë het verklap sy is bang Toe sy jou tas help pak Vers 2: Daar was ‘n seer In jou pa se oë Soos jy dit nog […]
Werkloos
Ginekoloë vang ses kinders ’n dag Juffrouens neem hulle gou onder hande Sekuriteitswagte pas hulle op in die nag Tandartse red altyd weer hulle tande Moeë ouers vra terapeute vir raad En skep nuwe moed uit ’n kelner se skinkbord Boere spit om en jaag aan en span draad Trokdrywers sorg dat die opbrengs vervoer […]
Dinky Toy Paaie
skruwe knieë, vuil hande stoot sand grond paaie om miernes gatte in sand. blink kar met niemand aan stuur rol sekuur met kind in beheer oor gister se straat. kom reis kaalvoet saam op dicky toy paaie waar lewe ongeskonde bestaan. voor die hoofweg, waar die wêreld jaag, se hek agter ons toeslaan.
donkerblou gedagtes (brons)
donkerblou gedagtes met ʼn edele enkelgedagte dink ek aan jou aan al die dinge wat ons nog wil en wou doen dan trek die heimwee deur my so donkerblou eensklaps bevind ons ons in snaakse seisoen ʼn vae vrees vir virus so onbekend eis sy tol maatreëls van inperking nou nuwe norm die dodetal wat […]
versugtinge (brons)
versugtinge die grootste droom wat ek het vir jou my kind is ‘n nalatenskap van blywende geluk en vreugde ʼn lewe van wonder en waardering vol deugde dat jy spoedig so jou siel se eie liedjie mag vind ek wens dat ek jou kan leer van die spel van die lewe dat jy jou mag […]