Volkome eensgesind
O oordrewe mooi soetlief, ‘n seisoen sonder palreëns ons op ‘n salige somervakansie hiér by ons rooi-geverfde strandhuisie lê die klipperige vlakte uitgestrek na die skuimgolwende oseaan met rotse wat opkrummel soos dwarsmure in stroombeddens jy my melbraperske pronk geblomde neteldoeke; vlinderrokke vinjet tot oor jou pienk voete en elke keer as jy met ‘n […]
na waters van geluk (BRONS)
na waters van geluk pappa maak vir jul ʼn poel van geluk kom laat jul speel was die vrees af soos ʼn spierwitduif het vrede met vlerke neergedaal in stilte toe die skote stop deur kinderogies kyk jul na my en vra na mamma nou vir altyd weg pappa sal na jul omsien en jul […]
Gister en nou (Brons)
Verborge in my doolhof se nou-nouer gange, verdwaal ek in my emosie, verwens ek my verlange wat geanker lê in jare se onthou van bitterseer toe hartsverweer se trane my lewe sou beheer. As oujaar sy gedagtes oor my herninneringe waai en die prentjies van verlede in my verstand rondblaai grou hartseer hom in my […]
tekel
– jy is geweeg maar te lig bevind – my duin weerkaats van eeue oue woorde wat soveel hartseer bring verbeurde geleenthede wat skeure uitspoel uit die verlede – verkeerde keuses onsuksesvolle strewes maar uiteindelik tog daar al was die weg so swaar alles self moes oorbrug ervaar om te kon leer – soveel goeie […]
Optel woorde(silwer)
my bokkie sy wil dans vanaand my bokkie sy wil raas vanaand, my bokkie sy klink nes ek sò ewe ‘n gek; my bokkie sy mag maar bloei haar krale oor my gedates strooi; kom ons mors vanaand oor myse leë witvloer, sy sê moenie te gou sluimer of te vinnig mymer- sit ‘n dotjie […]
Angsroep oor die vallei
Die roep van die hadida eggo deur die stilte van die skemer ‘n oorweldigende klank ‘n troostelose verlange Die pad is vêr die pad weg van die stad na ‘n plek tussen mentgroen bome waar strepies wolke, laggend in die lug hang Wanneer die wind saggies deur sy vere waai en sproeireën oor die vlaktes […]
die padda (BRONS)
die padda die meisies lyk verskik en gil waar hulle bang bewe in die klas want die stoute Jannie wil met sy troeteldier spog as die gas ou juffrou Nel lyk doodbenoud vandag sal sy boude moet slaan dreig is nou haar een behoud oor die flater wat Jannie begaan want hy dink hy doen […]
Help my!
Help my! Lilly staan voor die houthut, kruis haar arms en vryf koulik oor haar bo-arms. Sy voel baie onrustig oor die erge sneeustorm wat aan die broei is. Sy besluit om eerder terug te keer na die houthut waar sy al vir die afgelope vyf jaar woon. Nie eers die hitte van die vuur […]
skemer
– wanneer agtermiddag in skemer strale verkleur bokspring my hart vir oulaas saam met die golwe wat ruis sonder uitsondering val soos bruisende water oor my duin verdun en verdwyn in die skulp ryke sand weerkaats skewe strale teen wolke en verf uitspansel pastel kleure wat siele versag – ©Teárlach