Dinge gebeur in drieë … of nie. (Brons)
(Woordtelling: 1052) Ek glo vas dinge (goed of sleg) gebeur altyd in drieë. Dis nie dat ek ‘n bygelowige persoon is nie, geensins nie, maar vandat ek kan onthou is dit asof ek altyd wag vir daardie derde ding om te gebeur, dan weet ek dit is oor en verby vir ‘n lang ruk. Vanoggend […]
liefde
– my duin oorspoel van onverdiende genade dankbaarheid dein soos golwe oor my siel en my verstand van ware liefde gestroop kan my duin ook leeg word want liefde is nie net liefde liefde is ware liefde deur die nakom van die wet van God gehoorsaamheid aan die tien gebooie van God – ©Teárlach
Agter ons maskers
In ʼn gallery diep binne my hang vergeelde kiekies van ons — S K E E F — agter stowwerige glas wat getuig van liefde wat lank terug was; voor ek en jy mekaar verloor het in ʼn stormweer bestaan, lánk voor ons liefde versmoor het agter die maskers van pretensie wat kleurvol oor ons […]
Ek het jou nie nodig nie
Alhoewel ek jou nog liefhet, het ek jou nie meer nodig nie. Ek het afskeid geneem van ons van jou en jóú drome waarin jy my versmoor. Ek het die grendels gebreek wat beendiep deur my menswees spoor; die kettings en boeie afgeruk wat my van vrede weerhou. Ek het jou vaarwel geheet en van […]
‘n Kosbare les
Bertus kon geen uitdaging weerstaan nie, hy was baie impulsief en roekeloos. So het hy gereeld rond gesoek na nuwe dinge om te doen, nooit lank sy werk gehou nie. Baie kere het hy in Joubert Park Hillbrow rondgedwaal, slaapplek en iets te ete gesoek.hy het ‘n klomp vriende daar gehad, wat ook geen werk […]
Skemer Drome
Jy laat my ‘n klipsteen stoep bou een met ‘n tafel en ‘n dubbel bankie onder ‘n groen druiweprieel met gekartelde potplante ‒ hier en daar vol Kalahari kaktusse en bonsai boompies een met ‘n borrelende fontein en die fyn geur van onsterflikheid een wat uitloop op ‘n gryspad tot onder ‘n Jakaranda boom waar […]
steur
– ongestoord lê my duin vanoggend is daar skaars luggie wat beweeg daaroor net die rustige deining wat effense bries veroorsaak – onversteurd sweef my siel oor die baai se uitgestrektheid my gedagtes daarin vasgevang sonder steurnis van geluide slegs die see se dreuning klink soos sagte gebed – ©Teárlach