Safari (brons)
(opgedra aan Perrie en Hanna) twee rooigrondpaaie vleg verwyld oor rand en dal elkeen opsoek na ‘n vuurmaakwal om rus te vind van vergete draaie in die blareval van April bewerk Cupid ‘n besonderse wil met hardehout se vlammedans en die lewe se dansende kans op Namabeep se windgroet vind hy haar hand oproepe gee […]
wat is
– liefde is die lied van my siel dit omarm alles goed en sleg liefde plaas my in euforie – met jare se ervaring is liefde musiek in my ore van vroeg tot laat suisend die klanke van my gees – om liefde te ontmoet is reg om ware liefde te kan ervaar moeilik liefde […]
Geraamtes in die kas …
Ek kan party aande net nie slaap al probeer ek hoe hard om rustig te raak nare drome wat my onder kry wat die heeltyd in my gedagtes bly. Jou naam is ‘n sware las ‘n geraamte wat oopmond lag in die kas ek wil die deur toe klap want die herinneringe raak te veel […]
pyn gedagte
– pyn in elke treë wie sal my dit gee pyn maak my verleë val soos op eend se rug hartstog is dalk die brug geen oorsaak of gevolg sal weer daarop volg pille vergiftig meer verswak die seer – ©Teãrlach
onskuld in sonneblom (SILVER)
onskuld in sonneblom met vlasblond haar en pienkbloswang snuf jy soekend na aroma: glad nie bang om jou vreugde te vind in goudgeel blaar as jy jou stil-stil by sonneblomvriende skaar armpies uitgesprei reg om plesierig te pluk: arms vol sonskyn-onskuld in kindergeluk selfs in jou babaskoen straal jy alom waar velde vol sonneblomme opkom […]
dankie ens
– eenvoudige woordjie dankie… gil die strandlopertjie draf dan haastig weg – betekenisvolle woordjie dankie… gil die meeue in die wind sweef dan rustig voort – onwillekeurige woordjie dankie… prewel ek die woord saggies en staan op uit die stof – ©Teãrlach
Winter Wind
Winter Wind wind waai deur mens en goed in ń vroeë winter uur die wind waai reguit deur mense velle, beeste boude en skurwe kranse ontbloot verborge hoekies vir ń koue oggend kuur dié wind waai jasse oop van boonste tot laagste knoop, ons word skoon gewaai!
Ongekende kronkelweg
Geheime beloftes skuim op teen die rotse sonder gewete, sonder skaamte iewers in die verlede soek ek tevergeefs na antwoorde In die branders se breek, eggo hol slegs spore, weg van my drome tussen die kreukels van die lewe gloei die maan se lig strale Emosies Realiteit Herinneringe is ‘n tolbos wat my rondslinger, oppad […]