Mooiste Meisiemens
Mooiste Meisiemens… Met watter woorde kan ek my liefde vir jou beskryf? Want dit is waarna ek vandag soek Die perfekte woord Om te se hoe lief ek jou het Maar geen woord kon ek vind Want daar bestaan nie so ‘n woord. Mooiste Meisiemens… Met watter woord kan ek beskryf hoe mooi jy is? […]
Lynreg
Silwer Gradering Woordtelling: 1111 Sandra was nog altyd ‘n bietjie snaaks. Sy het alle stories geglo. Of dit nou bogstories, liegstories or ware verhale was, sy het alles vir soetkoek opgeët. En om alles te kroon het sy altyd empatie gehad met die verloorder en die wat aan die korste end getrek het. So omtmoet […]
Woordlief
Silwer Gradering Wens soms ek was maer soos ‘n graatjie maar ek het ‘n Kupido maatjie wat hou van ‘n mollige nooi dis vir hom handevol mooi! Wens soms ek kon ballerinamooi dans maar ek waggel soos ‘n gans my man hou geen pas dan is ‘n tutu net ‘n las! Wens soms my stem […]
Wipplank
Sien jy die lewe se draaie wat ons wipplank laat bots met lug en swaartekrag ewiglik in sy oeroue mag? Tog reik ons hoopvol na elke nuwe gevoel, smagtend na liefde se gewoel.
Skoonmaker
Liefling dit is altyd jou blou oë wat my web jou staar ontwaak duisende vlinders in my maag en jou mooi lag ‘n skoon witborsel wat al die stof van spinnerakke op my swaar hart afvee. Silwer
Februarie 2022 – Liefde (OOP) projek
Beste INKers Ons het skaars Kerstyd gevier en hier lê die eerste maand weer op haar rug. Ek weet dit is ‘n cliché om in Februarie oor die liefde te skryf, maar dit ten spyt, wil ek tog die onderwerp hierdie maand gebruik. Ek wil almal egter aanmoedig om die “liefde” op ‘n nuwe, unieke […]
Desember 2021 Metafoor projek – Uitslae en Kommentaar
Baie geluk aan hierdie 10 lede! GEDIGTE GOUD 1ste – No 18 Andries Fourie met Beroerte 2de – No 19 Andries Fourie met Kasgeraamtes 3de – No 4 Anzé Bezuidenhout met Eggo’s van Bakkrans SILWER 1ste – No 13 Amanda De Meillon met Winterspore 2de – No 14 Palet met Nakend is die nag 3de […]
Vriendelike herineringe
Dagse^ jy, lanklaas gesien steeds bly jy my beste vriend vir al die jare voor dankie se^ die beste en mooiste wil ek vir jou he^ Nog n’ jaar is verby, n’ nommer bygevoeg steeds sit jy in die kerk, en nie in die kroeg bly net wie jy is, goed groot gemaak Wetend in […]
finis (Silwer)
ons liefdesverhaal het ontaard in ‘n tranetrekker-tafereel ek het koorsagtig vorentoe en terug geblaai deur die tonele probeer red waar ek kon maar toe ek dit eindelik (moes) toemaak was die slot onvermydelik… FINIS Neologisme vir drama (tragedie) – tranetrekker-tafereel