Van oorwinning tot oorwinning
Van oorwinning tot oorwinning. Skaar jouself in Sy teenwoordigheid. Gee Hom kans om die leiding te neem… Te veel maak jy op eie insigte staat. Jou planne val in duie, jou gemoed begewe jou. God bly liefde. Hy is die een wie jy onvoorwaardelik moet vertrou. Staan terug sodat Hy met sterke hand ook jou […]
Vat maar hande
Vat maar hande Vat maar hande my ou maat die kleur sal jou tog nie skaad ons stry almal vir vrede jonk en oud in die verlede en die hede want vrede word diep in die hart gevorm midde die taal- en kultuurstorm reik uit na jou medemens dis tog die Vader se wens sorg […]
Die teken
Die teken Na die reën se geween, dans koringare en mielieblare sonneblom poppies en roosknoppies jongosgras en glinster vlas vrolike kinders en dartelende vlinders in een akkoord onder die prismapoort ‘n geskenk van genade vir ‘n vrugbare aarde ‘n verbond gesluit vir altyd ‘n teken van seën na die reën. ***Neologisme: prismapoort C Diederiks ©
Hondse praatjies
Hondse praatjies Die siekhond klou aan my neusvleuels perde gallop in my kop sonder teuels ek blaf en blaf en blaf maar maak geen hond haar-af sonbesies dink dis Bosveld in die gange van my brein definitief het hul nie probleme met sein my ore staan en maak of hulle luister maar los my verstand […]
vertree
in U spore probeer ons stap die goeie wat ons wil, die doen ons nie die slegte wat ons wil vermy, ry ons bloots elkeen dra sy eie gewete en wroeg maar U het alles reeds vertree ©Teãrlach.
God is Liefde
In ons wêreld stukkend en gebroke, blyk daar geen teken van liefde rein en teer. Harte gevul met wraak eis lewens en stook ‘n vuur van seer. Kinders sien geen belowende toekoms en staar hul blind teen die dag se donker en onheil. Liefde het in mense oog plek met wanhoop en swaarkry verruil. […]
Die taal van wysheid.
Uit die mond van die suigeling sypel waarheid net soos die hart van ‘n grysaard die taal van eeue oue wysheid praat. Alles in die lewe spreek van gejaagheid. Verby vliet die pitstop van stilword, oorweeg, bedink… Reisiger hoe lank sal jou reis nog duur? Ken jy die tyd? Is jy gereed vir daardie […]
Net Genoeg.
Soms vra ons vir dit wat ons nie nodig het. Soms soek ons na dit nie vir almal beskore. Soms hunker jy na dinge wat nie in God se raadsplan bestaan. Wees waaksaam. Ons raak maklik deur eie keuses verlore. Vir elkeen op aard is daar grense gestel. Vir elkeen van Sy kinders het God […]
Januarie 2024 OOP projek
Beste INKers So breek 2024 aan en is my wens vir elkeen van julle ‘n jaar van voorspoed en guns. Mag elke taak wat jy hierdie jaar aanpak voorspoedig wees, “en tog in die geval waar ons faal, laat dit gebeur terwyl ons uitmuntend strewe sodat ons siele nie tussen die koue en skugter siele […]
Macbeth
Macbeth Donker naggeluide drom om die kookpot saam, terwyl die hoonlag van die hekse jou saamsleep en laat glo dat jy – Macbeth – vir Duncan sal onttroon terwyl jy handoormond die dood van Banque en Duncan betreur (jou vriende wat jy gewetenloos na Hades stuur) loop jou uurglas leeg die kroon […]