GEBED
Gebed ken geen perke en word nie deur afstand gestuit. Gebed is jou toegang, hierdeur word enige antwoord deur die aanhoorder ontsluit. Gebed is soms ons laaste uitstort van hartsverlange wanneer jy in hulpeloosheid en moeilikheid verkeer. Gebed dwing jou op jou knieë, so het ons van toeka af geleer. “Onse Vader, wat in die […]
Die pad “Huis toe”
Ons beweeg van dag tot dag in verskillende rigtings… Ons verskil ten opsigte van voorkeure,denke en ook opinies. Alhoewel ons verskillende weë bewandel, is daar 1 weg wat ons almal moet loop… Die smal pad ‘huis toe’. Ons sal nooit seker wees hoe lank of kort die reis mag duur. Sekerheid is, ons almal het […]
Nader aan U
As die reen net soms saggies op my lewe wil val… Sou ek dankbaar voor Hom staan, My siel blom soos ‘n lelie onder in die dal… Sal ons Sy handewerk ooit verstaan? Heer van Aard en Hemel, Hoe troebel voel ons soms? Alleen… U is Skepper, die Blink morester. Skenk ons gemoedskalmte… Rede om […]
Laat my Jubel
Al ken ek nie die pad van more, Leer my om op U te vertrou. U is bekend met al ons wee, U sterk ons ook in elke tree. Sou ek die lig sien opkom, Maar my hart nie spring van blydskap, Laat my steeds jubel in my bede, U is getrou, U is ons […]
‘n Gesoute lewenspot
‘n Gesoute lewenspot Vul jou lewenspot met die sout van die aarde elke korreltjie sorgvuldig met liefde gevorm want attiese sout dra geen waarde wees opreg en neem ander onder die arm. Waak teen te veel sout want bitterheid dryf ander weg ‘n knypie sout op die regte tyd is jou behoud dit maak enige […]
‘n Voltooide Storie
‘n Voltooide storie Die storie van 2023 is voltooi opgeskryf in onthou se boek in donker nagte is na antwoorde gesoek in alleen aande het trane net bly vloei. Elke paragraaf bring ‘n dankbare onthou leë blaaie gevul met ander se omgee ‘n leë nessie met skenkings opgebou genade druppels op nuwe weë. Bladsye vol […]
Goeters
Goeters Die jaar is nog nie eers ‘n week oud nie en hier sit ek met ore so toe soos ‘n rubberprop in ‘n wasbak. Die wit wolke daar buite sanik al van die nuwe jaar sy verskyning gemaak het. Ek wonder nogal waaroor is hulle so hartseer. Ek weet waaroor ek hartseer is, maar […]
‘n Laat Kersfees
‘n Laat Kersfees Brons Toe die deurklokkie lui, spring klein Klasie op om te gaan oopmaak. Dit moet Kersvader wees. Mamma het gesê hy kom vanaand. Maar groot egter sy ontngtering toe dit twee polisie-offisiere is wat voor die deur staan. “Goeie dag seun, is Mamma tuis?” “Ja oom. Sy sit in die sitkamer. Ons […]
Bakhand voor die Meester
Bakhand in U teenwoordigheid pleit ek om hulp o Heer. Bakhand is my soeke want U hulp is verseker, keer op keer. Sonder U leiding is ek niks, sonder U teenwoordigheid kom alles ook tot niks. Dink aan my, feilbaar en sondige mens, U was my eerste en sal tot in ewigheid bly, my laaste […]
Oor storms in ons lewe.
Soos dissipels van ouds, staan ons soms bang en bevrees… Golwe dreig soms hoog teen jou lewensbootjie neer. Agter in die skuitjie “slaap” Jesus sag, wagtend dat ons sal roep om die storm te keer. Met die Meester in beheer, kan jy vandag elke storm trotseer… Hy praat met wind en see… Onmiddelik gee elk […]