Afrikaans, die taal van die onderdrukker, EN die onderdrukte
(Woordtelling : 789) Taal is nie sommer-maar-net ʼn klomp woorde wat met sekere klanke aanmekaar gestring word nie, maar dit het sy eie geskiedenis. En veral omdat Afrikaans nog ʼn jong taal is, hoef ons die geskiedenis daarvan nie te vreeslik ver in die verlede te gaan soek nie. Afrikaans is oorspronklik deur die […]
hiatus
dikwels vorm die hiatus tussen my gedagtes en woorde ‘n miskombers wat vertolking vaag en moeilik maak die kanker daarvan kan selfs in remissie my goeie bedoeling eenvoudig verydel misverstand kan dit wees slegs minstrele kan dit vertolk op die gondola van my reis en etimologie van my lied. leemtes in […]
Ink dit
Brons kategorie Ink dit delf uit historiese gisters se onthou stof af wat lankal vergete lê onder stof klee opnuut glansryk in helderrooi restoureer tot blinknuut breek dit vars oop… laat dit al bruisend borrelend uitvloei skink dit… proe dit… Ink vars… in Afrikaans ©Magda van der Walt Brons kategorie
Die lewe is ‘n lied
Brons kategorie Die lewe is ‘n lied elkeen het ‘n storie al is dit nie ‘n sprokie niks is sonder rede dis die verhaal van ons lewe agter elke lae en hoë noot nie verstaan skuil ‘n lewenslied se ontstaan selfs al val die ritmes nie altyd op ‘n “rock and roll beat” bly dit […]
Jolifikasie (Goud)
Die boordbome kon kwalik hul skaterlag insluk toe lente onthuts haar hande oor die wind se tuitbek druk genoeg is mos genoeg nou, het sy beslis gesê en ligpienk bloeiselsoene op hul takke neergelê sy’t loof met haar groen vingers om die wingerdstok geweef, en skielik was die groeiseisoen oraloor fluks op dreef die bont […]
‘Saamkyk na Jesus’ – (Silwer)
Hierdie paar opmerkings dien net as breë-trekke agtergrond aan die leser. Indien jy egter meer hieroor wil nalees, verwys ek jou graag na die bronne wat ek gebruik het soos gelys in die bibliografie aan die einde van hierdie artilel. Die eerste drie boeke in die Nuwe Testament naamlik Mattheus, Markus en Lukas, staan bekend […]
Karooprag
Karooprag Met elke knip van die oog kiekie ek jou prag in die onthouboek van my brein die negatief vir ewig in die grysstof vasgevang en more, wanneer die verlange soos ‘n mislaag oor my skadutrek kan ek terugblaai na die perkament van gister se onthou. Amanda DM
swaar woorde
“ek hoor ‘n gil en skielik is dit stil” uit die diepste voue van my denke kom daar die weerstandige emosie die uiting van my onvermoë om te sê myself is ‘n lyn van aanvanklik skewe gedagtes latere ikonifiserende invloede lei tot vrye uitsprake manifesterende verse wat lukraak leestekens vermy prente en […]
My Ouma – So onthou ek haar. (Brons)
(Woordtelling – 500 woorde) Christelle kom laggend nader gestap. Monja beduie dat sy moet sagter lag. “En nou?” fluister-vra sy. “Nee, ek lag vir ‘n ou wat nou sy eie spook gevang het.” Christelle grawe in haar handsak tot sy haar sakdoek raaktas; dit te voorskyn bring om versigtig ‘n lagtraan weg te vee. […]