HEIL DIE LESER (goud)
Ek bewonder mense soos jy
wat met oordeel lees
asof jy dit self kon skryf
jý wat daar sit
met jou halfleë mond
vol verlossings letters
en afgeronde text
asof jy weet hoe dit voel
om benoud wakker te raak
met woorde wat jou aanval
*
in die stort
in die middel van die nag
self nou
– terwyl jy lees
het ek ‘n
onbeheersde begeerte
om jou met ‘n vers
van jouself te vervreem
mense soos jy
weet nie hoe dit voel
as reël drie nooit sal rym nie
as kwartyn homself konvensioneel verklaar
of as jou slotstrofe
asem deur jou vingerpunte blaas
omdat jou gedig alles opsom
wat jy nooit in woorde kon sê nie.
© Desember 2020 Caren Kearley
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2020 – OOP-projek