BRANDERS
Branders waarom hou julle geduldig eindeloos julle aanslag vol terwyl julle met ‘n gerommel en gebrul ‘n wit mis opwip teen die niemands kim? Dit is geen skande om statig na die dieptes van jul moeder terug te kruip want op hierdie aarde sal julle nooit ‘n hawe teen die stormgolwe vind Hoekom verwit jul […]
Nimmereindigend
Die horlosie stap aan. Tik-tak. Ons weet ons het nog net ‘n paar kosbare dae saam voordat ons finaal moet afskeid neem. Tog kyk ek skaam weg wanneer ons oë te lank ontmoet. Ek het soveel drome vir ‘n toekoms vir ons twee saam. Tik-tak. Tog deel ek hulle nooit met jou nie. Ek praat […]
Liewe Dagboek
Liewe Dagboek, Dis al weer net ek, Zoey. Ek het nooit besef hoe baie taal beteken nie. Nie net die taal waarin jy gebore is nie, maar ook die taal van die mense om jou. Rosina het my bewus gemaak van die belangrikheid van taal. Haar begrafnis gister het dit ook baie mooi uitgebeeld. Rosina […]
Honderd vier en veertig maande.
In haar binneste bewe alles. Kefira se hart klop in haar keel. Sy besef dis nou of nooit. So kan sy nie voortleef nie. Dis bowendien nie leef nie, dis net bestaan. Sy kon netsowel dood gewees het. Die wet is wet. Sy het geen kontak met haar familie nie. Haar dogter wat nou al […]
Broodjies en Vissies
Hier is ‘n storie van Jesus wat ‘n seuntjie se vyf broodjies en twee vissies meer gemaak het. Volgens Joh 6 Die seuntjie se hare is verwaaid toe hy by die huis aangehardloop kom. “Sjoe, maar jy is laat vandag. Waar was jy die hele dag gewees?” vra Mamma. Sy omhels haar seuntjie liefdevol en […]
DIE VADERHART VAN GOD
God praat gereeld met Abraham; hulle is soos beste vriende . Abraham glo Hom wanneer Hy sy planne vir die toekoms aan hom bekend maak . God het ook sy naam verander van Abram na Abraham wat beteken dat hy ‘n pa van baie nasies sal wees en dat sy kinders baie kinders sal hê. […]
Daar is NIE geld NIE!
Daar is NIE geld NIE! Ek hou nie daarvan om dorp toe te gaan nie! Ek gaan net dorp toe in selfverdediging. Maar so tref dit my nou op hierdie sonnige, herfmiddag dat ek vir Dierbaarste ‘n dit en ‘n dat en dan nog sommer iets vir die wis en die onwis moet gaan koop. […]
MAMMA DONKIE SE VERHAAL
Volg Num 22 Die Klein donkie kom met spoed aangehardloop toe hy sy mamma sien. “Haai mamma! Waar was mamma die heeltyd gewees?” , skreeu hy al van vêraf. “Sjoe! maar ek is bly om mamma weer te sien, want ek het my dood verlang! Vertel tog wat alles gebeur het”. Hy vergeet skoon om […]
Verborge Bergrug
Nadia stop en wag vir die ander om in te haal. Gewoonlik klim hulle almal teen dieselfde pas die berg uit. Maar sy het vanoggend iets wat haar jaag. Sy vat ‘n sluk water terwyl sy af kyk na haar klimgroep. Sy sug toe sy sien dat hulle nog ‘n hele ruk gaan vat om […]
DIE DODELIKE SPEL DEEL TWEE
Luitenant Kas Dreyer sit met die dossier voor hom wat hy nou net van die moord toneel af saam gebring het. Die slagoffer is n onbekende, middeljarige, welgeklede man wat aan n skietwond in die nek dood is. Daar was geen teken van identifikasie waaraan die slagoffer uitgeken kon word nie. Vir Kas lyk dit […]