‘n Huis sonder mure
Die dag ná die stootskrapers lê die erf vol bourommel. Eenkant staan ‘n masjienmonster en maal die bakstene, wat eens die sitkamer gevorm het, fyn. Al die kuiers en teedrinkery. Al die begrafnisse en verjaarsdagpartytjies val in fyn rooi stof in die vorm ‘n miershoop. Van die stof beland in die wind wat dit opswiep […]
Halfmens
“Ek kan nie meer voel nie,” kla ek. “Die wêreld lê in skerwe om my. My hart lê aan skerwe. My voel is op.” Hulle breek my borskas oop terwyl ek slaap en vervang my hart met een van metaal wat soos ‘n horlosie masjienagtig die tyd verby klop. Al hoor ek dit, voel ek […]
Saphira die Vegter
Die dag het net verkeerd begin. Faolan MacKeltar het by die kasteel opgedaag, sonder waarskuwing, met sy gevolg. Saphira het hulle amper almal vermorsel met ‘n kombinasie van haar towerkragte en fisiese sterkte. Nou sit sy in die geselskapsaal tussen Eolande – wat met groot oë na haar Feëtjie-pa kyk – en ‘n lawwe kalant […]
ZELDA HFSTK 10
Paul kyk Simon vraend aan en dit is duidelik dat Simon bietjie ongemaklik is maar kom dit tog uit: “Meneer Paul my seun vertel hier is n gang van Soweto wat n robbery beplan. Hulle ry n swart BMW met n GP nommer. Hy sê daar is vier van hulle. Hulle het daar in die […]
Die wens
Vicky maak haar oë stadig oop. ’n Vreemde geluid het haar wakker gemaak, amper soos iemand wat oor die houtvloer van haar slaapkamer loop. Sy steek haar hand uit na die selfoon op die bedkassie. Dis net na sewe en die sewe-en-twintigste Junie. Hoekom voel dié datum so bekend, so asof daar iets vandag moet […]
ZELDA HFSTK 9
HOOFSTUK 8 Toe hulle by die huis kom en Zelda wil begin kos maak keer Paul haar: “Gaan stort en maak jou mooi, ek en jy gaan vanaand uit vir ete. Vanaand is n spesiale aand vir ons twee en ek het klaar vir ons n tafel bespreek by daardie restuarant by die rivier”. Zelda […]
Saphira die Spoorsnyer
Saphira hardloop saggies, maar vinnig, deur die fynbos hoog bo die see. Sy is oppad strand toe. Daar is nie baie plekke waar sand en see ontmoet nie. Meesal is dit maar kranse waarvan selfs ‘n Feëtjie Hond soos sy seer sal val see toe. Saphira stop skielik. Sy haal vlak asem. Sy is seker […]
ZELDA HFSTK 8
Die kroon op Zelda se geluk is n epos van Rosa af in antwoord op n epos wat sy gestuur het en Rosa die groot nuus meegedeel het asook haar versoek dat Rosa strooimeisie moet wees en haar pa haar die kerk inbring. Rosa antwoord dat sy met Manuel gepraat het en dat hulle beslis […]
Die Groot Trek
Die Groot Trek “Die Jirre alleen weet hoe ons met die spul snotneus kinners en blêrende boklammers by Lutz-se-puts op die trein gekom het. Die helfte aan die pram en die ander aan die speen.” Mike Booysen skuif rond op sy stoel asof hy die hele episode weer beleef. “Jy moet weet die mense ken […]
Engel
Engel Die bleekheid van die dag gaan ongemerk by haar verby. Groot trokke donder voort in die rigting waarin sy strompel op die pad langs haar. Sy lek haar droë lippe af. Haar gedagtes warboel en chaos sonder vorm. Engel lig haar oë langsaam op van die gruis en teer. Die son se hitte stu […]