VIR SOMMER NET
Vir sommer net is gister en vandag ‘n refleksie op ‘n leë skinkbord leeg en hol terwyl hy glimlag die son met sy goud-geel voortand stopsels en my lewe maar vir sommer net Oomblikke vergete in die skete van herinneringe dwaal soos lammertjies deur my gedagtes wat malkoppie draaie dans in die vars lusern kortgras […]
TOE KOM DIE NAG
Flikker die son vir net ‘n oomblik flou stop die onbekende stoker moeg sy werk en nog ‘n dag word nag Die dag se gewoel verdor tot gedagtes waar neonligte bewend aan die lewe spring en blaarlose takke onbekende beelde teen ‘n witgeverfde huismuur verf ‘n Sluier van stilte en eensaamheid rank vanuit die dieptes […]
sluk.dans.voel
Ek het verdrink in seer Wat eens liefde was Ek was begrawe onder kwaad Wat eens ‘n glimlag was Ek was verdwaal in ‘n plek Wat eens só bekend was Ek het ‘n gat Waar eens ‘n hart was En toe sé God – Sluk jou trots En gee dit weer ‘n kans Gaan dans […]
Seewier Krater
Jou naam was verwronge met slym seewier gevleg duisend stukkend skulpe daar tussenin geheg Seemeeue het sirkelend luidkeels apploudeer want die skewe letters was komieklik gegraveer ‘n Krappie het sywaarts nuuskierig kom loer wat die vreemde wese nou weer in mou voer Skeepswrak se dryfhout vanaf diep uit die water het korte mette gemaak met […]
Mamma se kaggelvuur
mamma wie sit daar op jou skoot my handjies is blou en dit kraak buite huil die windjie se hart hy weet ook jy is lankal dood die takke wat krap op die dak klink kwaad vir stoute winter die blommetjies het net gevrek en miere maak nes op die rak maar binne dans die […]
Solank die vure brand
In elk ritmiese klop van ‘n goue-menshart brand daar egte omgee deur rooi-bloed riviere vol suurstof geprop Repiterend sirkel- vervoer volg dit ledemaat kontoer aanslae,seer van buite word gestuit deur die siel – se digte loodglasruite Solank die vure brand in ’n glashelder verstand word geen geluk beroof slegs eie denke en dade sal jou […]
~ Kaneel en warm sjokolade ~
ek is weer terug op koffie en die kaffervink in my hart raas nie meer so erg nie want die nes is knus en vere pof vir selfbehoud karmosyn drup langteelbeen teen nag-kristal en die maan sit met haar arms oor haar hoof gevou (ook maar net vrou) die wyn in my bloed syfer sy […]
WhatsApp (last seen 25 Dec 2014)
. . . en skryf jy nog lang gedigte oor die liefde en ons land ry jy nog die wêreld vol tot innie Kaap was jy toe ooit by Bloubergstrand ek bly nog in my houthuis drink steeds soetwyn saam met brood en onthou jy nog die wit hond hy lê nou weer met sy […]
Ruitensboer
in elke traan ‘n diamant in elke snik ‘n safier agter elke donderweer ‘n reenboogrant by elke begrafnis word die lewe gevier en uit die nagtelike donkerte loer Ruitensboer die geskiedenis ken geen helde liefde, hoop en geloof sal taan groot gedagtes sterf almal op slagvelde net kindergelag sal bly staan en uit die swartste […]