Want jou liefde sê
ek wil my siel in konfetie snipper sodat my wees soos ‘n Lotusblom statig voor jou oë ontvou (om jou elke hartswens so te vervul) dan in die koel skadu’s van jou hart wil ‘k immergroen varings plant sodat ‘n duisende spore vir jou geluk kan saai – jou na Vrede laat draai ja dit […]
traantjies
selfs die see se sagte kus kan nie jou traantjies heeltemal uitvee jy arme verstote misbruikte kind uitwerpsel van ouer-barbarisme wat het jy gedoen om dit te verdien verminkte liggaampie in opdrifsels opdrifsels van die mens se bestaan watter reg het sulke ouers tot lewe watter reg het sulke barbare op tyd om kindertjies te […]
Seisoene van jou
Ek wil die sonskyn en selfs die reënbuie in jou proe selfs as die winter jou omvou wil ek jou vashou vroeg oggend soos die dou grou in jou oë verder as dit wil ek jou gaan haal in die heelal van jou siel daar waar die seisoene jou vorm en skaaf vat my hand […]
Die onsterflikes
met jou tyd wat uitloop met my hart so stukkend hoe kan ek aanhou praat af en toe probeer lag “speel” dat ek nog wil leef dank die Here ons God jou plegtige belofte om – weliswaar onsigbaar – altyd naby my te bly laat my weer na asem gryp © Doret Johnstone-Robertson, Februarie 2016
Afgevalle roosboomblare …
in afgevalle roosboomblare lê alleenheid afgeëts niemand wat hul geur meer inasem of hul mooiheid in woorde skets soos die afgevalle roosboomblare voel my menswees sonder jou geen warm liefde wat oor my straal of sagte hande wat my hart omvou
Soete spys
Het ‘n nuwe resepteboek gekry, ek moet jou dit wys. Resepte vir hertzoggies en kolwyntjies, Truffels, fudge en koekies met rosyntjies. Daai beskuit wat Ouma gemaak het net anys En ‘n nuwe wafel resep met jogurt of roomys. Verjaarsdagkoeke, groottes en kleintjies En ideale peuselhappies vir sjokoladefonteintjies. My mond water van net kyk na die […]
Ek dink, miskien is dit dalk nou tyd vir HOOP.
Daar is iets anders binne my binne die seer wat ek kry wanneer ek aan jou dink. Dis, sag en lig maar voelbaar bo die seer (al die seer binne my). Ek glimlag (met droë oë) en praat oor jou sonder dat: My hart verkrimp en verder wegsink in al die seer wat ek kry […]
DIG DEUR DIE DONKER
woorde soos die hemelruim sonder maan of ster gekleë vou om my hart vanaand in stille kerslig atmosfeer Here, help my in die duister om deur die donker te dig en goed in alles wat sleg is, te sien in U lig
Peperduur vriendskap …
‘n brief met net ‘n paar woorde op ou gekreukelde papier dit sê jou vriendskap is goedkoop maar jou liefde vir my peperduur