Sien Jou Weer
Sien Jou Weer Soveel handdrukke en lighartige totsiens sien jou weer, en nooit weer gesien— Soveel piksoene op die wang en lighartige totsiens sien jou weer, en nooit weer gesien— Vriende het gekom en gegaan waar is almal heen? Weggetrek, geëmigreer, oorlede of traak net nie maar jy geniet die tuisblyers en nuwe vriende wat […]
DIE SOMER LOOP WEG
Die tarentale het laasnag voor my uitgedraf om my te gaan wys waar die wind sy buik met die winter se ysasem by die son se wegloop skadu’s vul Die bosduiwe sit vanoggend ‘n half uur langer met hul vlerke soos naaldwerk in mekaar gevleg voor die son hul roep en hulle ontrafel om my […]
Huskies Droom Maar Voort
Huskies, Droom Maar Voort Huskies, die pragtige poolhonde blaf nie maar het die lang droewige uitgerekte huiltjank asof daar nog ‘n oerinstink is van wyd uitgestrekte ysvlaktes wat soos ‘n wit laken voor hulle uitgesprei lê— Hulle onthou die eensame huilgeroep ver oor die yswoestyn heen waar ‘n maat die ore spits en gaan antwoord […]
Die mantel in my rigting …
eers toe trane wat oor my wange stroom my hande koud-nat laat raak besef ek dat die soen op my wang seerder as ‘n klap in my gesig maak maar jou koue harde rug was onverbiddellik op my gedraai en die mantel het sonder ophou in my rigting gewapper-swaai
KORINGKORREL
KORINGKORREL Die saad moet val en sterf; dit moet die grond eers in. Die einde van die korrel is ‘n nuwe, heerlike begin. Die dood van onse Heer was nie die einde nie – dit was die heel begin van sy verheerliking. O mens, verstaan dit tog: te sterf, is om te leef. Ons volg […]
Moenie Bang Wees
Moenie Bang Wees Thula, thula my kindjie, as die aandskemering en onrus jou oorval moenie bang wees vir die naggeluidjies my kindjie thula, thula ek sus jou veilig en knus in my arms toegevou—- Buite het die naglewe ontwaak en die muisies skarrel rond tussen die bossies onder uil se skerp oë en kloue uit […]
Dan dink sy terug aan hom
As ysbere tango-trippel oor kontoere van haar tenger lyf en winterswind weemoed deur haar hartmuur ranke gewaar sy die skroeivlam deur groen-oog aangevuur diep in sy binneste brand Wanneer souttraan biggel in haar seerkind se pupil vrae tolbos na haar toe rol sy stukkend stom starend luister na hoe sy koggellag deur demone geil gegerf […]
Mamma, ek mis jou
Onder jou hart, snoesig – knus met neurie ons tot ruste gesus weemoed-oë het liefde gestraal wanneer jy saans kers aansteek eerbiedig vertel – Jesus se verhaal Kreukelhande het drome omvou ons oop-hart geheime toevertrou as vriendin lewenslesse geleer sodat ons vandag opstaar na Daar waar dierbar’ Mamma by eng’le skaar So kan ons dan […]
Die gedruppel bly maar droom…
want…(?) die winterkoue druppel die mooiste pêreldou wat dan as diamantjies aan ragfyn weppies klou en…(?) die songloor-yskristalle, laat druppeltjies verdou; vorm mikro watervalle waar die elfies bruilof hou en dan…(?) word wintering se ondergroei langs ysig waterstroom waar die weglêgansies broei so gaandeweg slegs droom
My Hart Se Uitverkorene
My Hart Se Uitverkorene. Ek kyk af na jou rustige gesig in ‘n diepe slaap en ek wonder waarom het ek jou liefgekry bo almal want jy was nie die mooiste van almal, ook nie die sterkste en akademies die geleerdste van almal nie, maar algaande besef ek waarom ek jou liefgekry het bo almal, […]