~ Daardie nag (2) ~
goue paljas newel weer my sinne en ek dink wat nou, hoe nou gemaak om ‘n nag uit my hart te wis, want nouse nagte is dit altyd dag oral om my, dag hele dag en nagtyd dag maar hier binne, hier diep binne my bly dit nag, ‘n eindelose nag en al wat ek […]
~ Nirvana ~
Gedagtes lê soos ‘n oopgeslane boek in hierdie nirvana waar ek kwingkwang soek na jou silhoeët, na die wit van jou kneukels wat afwys teen die maan. Die lelies in my lyf ontplof en nag word ‘n kleurespel van sterrereën toe ek jou effe verskuil teen ‘n Kaapse geelhout sien leun. Miskien moes ek jou […]
Distels verstrengel
By ‘n rou rivier se droogloop – het sy gisterspore hertrap maar die berg het lui gehuiwer om weer bitterwater te tap In diep, donker dennewoud – op die koel, klam naaldtapyt het sy weerloos kruisbeen loop sit met haar mandjie propvol verwyt Onder die Apiesdoring- sambreel – desekteer sy die lewe in geheel dis […]
Jy wapper aan verlang se mas
Deur die mure van my hart se seer wil ek die doodgaan van jou weer daarom beur ek uit my blinkblaarbos weg van die wreedheid van die waarheid van die doodgaan sonder klaarheid en ek asmahyg my trane los benoud oor nié die dobbelsteen verstaan wat die een laat lag; die ander weer laat traan. […]
. . . van brood alleen
agter koue mis se newels word die son ‘n silwer bal teen die hemel, tussen wolke wat swerf en kleur in duifgrys tot die edeltint van staal my jas is dik, my stewels bruin oor my skoot lê ‘n kombers teen die vlootblou van my denim skakeer ‘n trui in lilla, violet en lintblompers ek’s […]
Teenstellende Land
In ‘n land van melk en heuning doof klank van Magtige dreuning daar om pot van putupap en wors vrek ‘n nasie van honger en dors In ‘n land van snuifgom en tik ontbreek dissipline – ouers verstik langs die lieflik sprankel fonteine borrel suurwater – afval deur myne In ‘n land van osstert potjiekos […]
Bedrieglike Eb En Vloed
Bedrieglike Eb En Vloed Ver van my heimat het ek kom troos soek en hier op die strandbankie kom sit en ver oor die weidse blou einders getuur, maar die aanrollende skuimende branders bring vir my geen troosboodskap nie en die bedrieglike eb en vloed wink en trek jou met meesleurende stroomversnellings die diepsee in— […]
KOMPENSASIE
KOMPENSASIE O Heer, U neem soms dinge van ons weg. Sal U tog kompenseer? My kind, Ek wil vir jou die beste gee – iets beter as wat was. O Heer, my grootste wens is slegs Uself. Met niks wat minder is, kan ek tevrede wees.