Het ek Gestaar?
Het ek gestaar? So twee tafels verder kyk hy ingedagte terloops op vas in haar oë en versteen momenteel kompasloos reddeloos verlore in die mooiste aanloklikste seeblou meerminoë met ‘n boodskap geheimnisvol onpeilbaar wat skakeer in viooltjieblou en turkoois oësee en onder ‘n vraende ondersoekende blik ontwykend agter versluierde wimpers opstaan, haar rekening betaal, en […]
Bessie: 3
Dinsdagoggend. Gisteroggend dié tyd her haar ma nog geleef, dink Bessie. Dit is die periode net voor eerste pouse, Sy het nou Engels. Die juffrou praat aan en aan, maar Bessie hoor nie ‘n enkele woord nie. Sy dink aan gister en al sy gebeure, haar ma en die gesprek gisteraand met juffrou Malherbe. Toe […]
Bessie: 2
Twee ure later sit Bessie in die passasiersitplek van juffrou Malherbe se motor. Daar het ‘n tannie, ‘n maatskaplikewerker, by hulle woonstel aangekom na juffrou Malherbe vir Bessie van die ongeluk vertel het. Die maatskaplikewerker-tannie het gesê sy moet vir eers by iemand bly tot alles uitgesorteer is. Bessie het net haar ma gehad, nou […]
Bessie: 1
Die skoolklok lui en kondig die einde van die Wiskunde periode aan. Bessie lig haar kop van haar arms af op en kyk lui om haar rond. Almal pak haastig boeke weg en gesels opgewonde, want dis huistoegaan tyd. Bessie kyk af na die skryfboek voor haar. Sy het hoegenaamd niks van die somme gedoen […]
Potpourri van Emosies
Potpouri Van Emosies Dikwels is ons sommer net hartseer, sommer net bedroef, oor wie, oor wat, hoekom? Dis ‘n potpourri vol emosies van al jou hartseer en vreugdes saamgegooi in een mengelmoes, sommige werklik en ander vaagweg onthoude stemme in die verre verlede – – – Soos die harlekyn veins ons ‘n mooi glimlag en […]
Renonkel
renonkel “jou sjarme betower my” anemone en peonies gebind by naelstring jou fluweel voorkoms met vintage karakter jou sagte lippe in robyn-rooi nostalgies is jy in poeierpienk en lila-pers. © L Barnard 05/07/2015
Laaste Asem
Voëls roep, sing weemoedig, in die vloed van ‘n tranereën wat lewe aan hulle bring; daar staan hy, sonder ‘n naam, gesigloos, tussen die riete waar hartseer ronddraai. Tyd het aangebreek, sonder groot onthaal, om die geskenk in silwer en goud te open; om ‘n laaste struikelblok, verset, te oorkom en die weg te baan […]
Die verbode vraag
En daar sal nag wees. ‘n Verderf van die vlees, verdoem, alleen in die gees alleen in die ewige vrees. Geskep en gebore vir lig en vreugde sang deur die ewige donker duisternis ontvang. Weg weg weg verban na die dieptes van die ewige sleg. Is daar ‘n God van genade, en durf ek in […]
DIS KERSFEES
In ons oë flikker bont sterretjies van kersfeesliggies. Oor toegedraaide geskenke loer opgewonde gesiggies. Tafels kreun onder vleise, brode en slaai. Siele en gemoedere word met vreugde oorlaai. Saam eet, saam drink en saam kuier, wyl Die Boodskap in die lug hang en kerkklokke beier. Die Koningskind verjaar, dis Kersfees! Laat daar vrede vir almal […]
Vaagweg hoor ek jou
Wanneer die laaste straaltjies pienk spoortjies in die wolke kerf die maanlig dit met silwer druppels toeverf Skyn die nag se kim swart tot daar waar die spruit donker waterspore onder die sterrenag inbrand Kruip agter die wolke weg grys, donker en drygend die wind kyk daar’s druppels teen die ruit wat in die dof-lig […]