Liefde dra ñ jas
Liefde dra ‘n jas Blomme en geure van soet woorde, verbloem in maskers van die verlede. Alle kreukels weggesteek onder die jas, want hy is mooi. Soos die pad aangestap word, tref die hitte elke jas. Die jas kom af en kreukels kom uit. Al wat oorbly, is spyt. ©️ Ryno du Plessis 2026
Aal
soms probeer ons ‘n aal aan sy stert vang daardie lang glibberige visagtige, ontwykende ding die een wat ons so graag wil bekom en ons eie wil maak soms reik ons na iets net buite ons bereik sogenaamde spesialiste vertel ons dikwels jy moet dit net visualiseer, jouself daarin indink jy moet […]
Kind van die veld
Kind van die veld Doer in die verre Suide het hy groot geword, ‘n dorre land met min reën. Droogte het hom verjaag, agter ‘n lorrie se stuurwiel in. Al was sy hart vas op die plaas, moes hy maar optree as baas vir die gesin. Tog, eendag, heelwat later, vind die kind van die […]
ñ Storie Finaal
‘n Storie finaal ‘n Lewe geloop op elke kronkelpad, daar waar skaamte en seer die lewe beheer. Soekend na wat was, asof dit nog nooit bestaan het nie. Ook na môre, asof hy bestem sou wees. Elke sekonde eis sy pennies. Geloof moet eers wag vir die dag as ek niks meer ken nie. Plat […]
Storms van seën
Storms van seën Oor vandag het ek geween, gister het my van alles ontneem. Donker stormwolke hang, druppels stort om my neer. Uit eie vrees dra ek ‘n sambreel, beskerm my teen dit wat kom. Elke wind en elke wolk, dit wat breek gaan verby en leer die les van ‘n beter môre en ‘n […]
Patetiek
armsalig is jy oudste swak en onindrukwekkend byna lagwekkend, jammerlik ja, jy, brompot – spelbreker steeds soekende na elke kleinste kruppel punt om oor te grens en te kla oordrewe uiting van minderwaardigheid patos-wekkende gesanik oor iets, wat jyself nie verstaan mag jy gou jou dagbril kry om die son te sien skyn […]
Oor die drumpel dra
Oor die drumpel dra Saam stap die twee ‘n pad lewenslank. Die lewe gesien en dit beleef. Soos ‘n resies pak hul die lewe aan. Leuns probeer heeltyd die wedloop wen. Hy saai dorings daar waar die waarheid nog moet loop. Voor ‘n skare van wat was, kom stap Waarheid aan en dra vir Leuns […]
Klippiesbaai
Klippiesbaai Ver sak die son oor Klippiesbaai. Natgespoel lê alle kleure vol gesaai. Branderryers durf die laaste branders voor die son homself vir môre gaan bêre. Horison, so ver agter die pienk-blou water. Wat steek hy weg met sy groot branders? Dalk ‘n lewe so heelwat anders as wat ons hiersou ken. Is dit waar […]
Daar anderkant die blou berge
Daar anderkant die blou berge Eens wou ‘n kerel daar met sy nooi gaan vry. Jare later wou die boere daaroor trek. Wat sou die lewe wees aan die anderkant van die ou berg? Hier teen sy groot ou voet sit Oom Piet met sy kat en groot hoed op. Sou jy hier kom kuier […]