argloos
niks vermoedend sonder om iets te verwag gebeur dit net – oor en oor dieselfde godskreiende wreedheid weer – en – weer, sonder gewete slegs met die vrees om gevang en gestraf te word geen morele kwessie slegs harde sinnelose moord – op – moord gileaditiese bloedsug sielloos sonder empatie so asof lewe nie […]
Spieël van die verlede
Spieël van die verlede Vaal en dof hang jy teen die muur, altyd reg om my terug te vat na die donker uur. Ek wonder, om so teen die muur te hang, uit te mis op die hier en nou. Jy klou vas aan dit wat ek eens was. Herinner my aan toe se gedrag. […]
In my huis se gange
In my huis se gange Ek stap en kyk na al die mooi en weelde. Ornamente en skilderye. Gesigte hang en kyk na my. Ek wens ek kon hulle vermy. Was dit toe dalk ‘n mode, of dalk ‘n gier wat almal toe moes hê? Beelde staan, groot en klein. Kyk na my asof hulle […]
Wasgoed in die strate
Wasgoed in die strate Vuil bedekte wasgoed. Bont van skaamte en sondes, gesels almal soveel kere. Almal se wasgoed hang vuil in die straat vir die skerp tonge om ook te praat. Die verkeerde deur die mens gemaak. Sou die stories tog kon wees oor die wasgoed reeds gestryk, verkies die mens om die vuil […]
lading
hoe lank nog sal ek die drae van my verlede moet belewe die geklae herhalende ontgogelende uitputting die pyn saamsleep van bitter wyn so wyd as dié Here se genade so wyd lê vredevolle sinvolle lewe voor vir almal wat soek © Tearlach. (Soms word “Drae” as ‘n moderne voornaam gebruik wat […]
Ou Hans se laaste kans
Ou Hans se laaste kans By die swembad het hy gesit, gekyk hoe die nooiens in die water plons. Al wat Hans tog geken het, was die ou gansdam. ‘n Kans het hy gewaag om te probeer ‘n nooi se hart te laat jaag. Ongelukkig vir ou Hans, het hy geduik soos ‘n padda en […]
Koos en Hans
Koos en Hans… Die twee kerels roep mekaar, elke aand wanneer die wêreld slaap. Basstemme heen en weer… Koos! Hans! Koos… Hans… Gesels die paddas by die dam. Ek wonder, sal die dag wel kom dat hulle mekaar sal vind? ©️ Ryno du Plessis 2026
’n Wêreld in ’n sandkorrel
Ek sit op die kruin van die hoogste duin in die eindelose sandsee van die Kalahari waar stilte voor oneindigheid kniel onder die oopgesperde hemel blou die wind liasseer die dag se spore in die geheue van die sand en korreltjie vir korreltjie gly die ewigheid deur my vingers ek sien ’n wêreld in een […]