Kantel Val
in die skewe moment tussen struikel en val is daar ń oomblik waar almal vlieg vel tas die lug oë soek ń plek mond is naar en ore skree balans ons vlieg vry van swaartekrag ń sekonde salig vry tot ons eina val
Die Recce
Dit is 10 Januarie 1986. Suid-Afrika is in ’n hewige grensoorlog gewikkel. Glimmend soos ’n paling in die maanlig, lê die aanloopbaan op Mpacha lughawe in die stilte van die nag. Vel-blink gekleed, staan drie Vlossies gereed om te vertrek. Die Skrillende bevel van Luitenant Welgemoed rasper die rustige ritme van die nag in skerwe. […]
Kreukels
Ons harte praat nie meer die spasies tussen jou woorde en my sinne het verweer vergestalt in leë akkoorde gepaarde rym en omarmde rym het verdwyn gekruisde rym en gebroke rym het verskyn ek voel nog wanneer jou hart klop maar jou oë is soos ’n leë dop naïef sê ek nog vir myself: “The […]
Slagveld op Eden
Gister toe ek jou daar sien staan—so verrinneweer kon ek die trane nie keer Tyd het die septer geswaai, my vriend en noodlotsleer was jou verdiend leeg jou mond, net twee tande oor een onder en een bo ʼn lang snor bedek die gat; donker, diep en broos jy sluk jou lag, skaam vir […]
SANGOMA SUZI
Sangoma Suzi geskryf deur Fanus Strydom 5099 woorde (Waarskuwing: Hierdie skrywe bevat enkele vloekwoorde en kru taal.) Sannie Van Graan verklaar haarself amptelik as keelvol teenoor die gesig vol plooie in die spieël. So wat van op die stoep sit en staar na die vergetelheid is nou genoeg, besluit sy. Vandag is dit al […]
Keerwal teen die storm Goud
Keerwal teen die storm Die hand het gedraai en in ‘n oogwink was daar stormsee wilde woeste water wat klotsend, skuimend woede spoeg op ‘n vuil verweerde boerbokvel het jou talisman gestotter en gerol… om en om en om en voor jou eie voete tot stilstand gekom heksemeester, jou bene is gekraak […]
Onvoorspelbaar (Silwer)
Na ‘n vurk voor in die pad het die noodlot my genooi die inhoud van haar hande lukraak voor my gestrooi by die as van die reeds uitgebrande vuur was ek verdwaald, bang en verwárd maar jy’t jou menskombersie knus om my koue lyf kom hang en die onbekende voor my lieflik gevorm soos ‘n […]
Uit die argief van my dagboek
Na bykans 60 jaar, maak ek weer Oupa se plaashek oop. Daar is ’n opgewondenheid in my hart. Ek dink terug aan my kaalvoet-kinderjare hier op Oupa se plaas waartydens my kaalvoetjies die paadjies op Oupa se plaas deurgetrap het oor watervore deur vlaktes, vleilande en oor die brug by die rivier. Oral is my […]